Hoe lyk jou Kersboom?
Hoe lyk jou Kersboom?

Hoe lyk jou Kersboom?

Gerine Hoff
Gerine Hoff – Kersfees is op ons, maar realisties gesproke is dit onmoontlik om te mis – ons sien immers al van vroeg in Oktober die versierings oral.

Maar so tussen al die liggies en versierings, het ek lekker gelag toe ek lees hoe inwoners van die Britse dorp Camborne in hul skik is met die dorp se splinternuwe Kersboom ná verlede jaar se nagemaakte weergawe as die “lelikste in Brittanje” uitgemaak is.

Verlede jaar het die lelike boom skynbaar nie eens tot Kersdag oorleef nie, want die ster bo op is gesteel en die keëlvormige boom is minstens tien keer beskadig. Een inwoner het selfs gesê die vandalisme van verlede jaar se boom jet “sy voordele gehad” omdat hulle “nou ’n pragtige nuwe regte boom het”.

Maar dié Kersboom is by verre nie die enigste onooglike in die wêreld nie. Toe ek ’n internet-soek doen, het ek op heelwat ander voorbeelde afgekom.

In 2015, het die Mirror in Engeland’n lysie opgestel van die lelikste Kersbome van daardie jaar. Een was ’n Kersboom in Hobart wat U$35 000 gekos het en uit metaal gemaak is. Inwoners het gekla die boom is ’n verleentheid en het dit vinnig die onderwerp van nasionale bespotting geword. Een vrou het selfs gesê “dis nog leliker as jy dit self sien”. Dan was daar die “boom” in Birstall (Engeland) waar £20 000 spandeer is op ’n blou Kersboom wat mense vergelyk het met ’n reuse verkeerskegel en Mickey Mouse se towerhoed in Fantasia.

In 2016 het die Washington Post berig oor Montreal se Kersboom. Die stad wou iets hê om te kompeteer met Manhattan se legendariese Kersbome. Wat hulle gekry het, is beskryf as “’n slap balsaboom wat soos ’n nat katstert in die lug steek”. Volgens een Twiet, het “die Grand Marché Kersboom sy liggies soos ’n erge uitslag gedra”.

Dit was ook nie lank nie of #TreeShaming het ’n trend op Twitter geword.

Terwyl daar nog met Montreal se boom gespot is, het die volgende een al begin deurloop. Dié keer in Rome oor die Kersboom in Piazza Venezia wat na bewering nie feestelik genoeg was nie. Volgens een inwoner was “dit nes die res van die stad, vol gate en in vullis bedek”. Erger nog, toe die burgemeester die liggies amptelik moes aanskakel, was die boom in donkerte gehul.

Lyk my 2016 was die jaar vir lelike Kersbome. Ná ’n inwoner van Lövånger in die noorde van Swede ’n foto van sy dorp se Kersboom op sosiale media geplaas het, het dit vinnig viral gegaan. “Volgens my is dit die lelikste boom wat nóg opgestel is sedert die eerste Kersboom in 1522,” het hy geskryf.

’n Jaar later word daar berig oor hoe geskok Oekraïners was oor die lelike Kersboom in Kiev se middestad. Behalwe dat die boom se blare al begin afval het net een dag na dit in die dorpsplein geplaas is, het dit só skeef gestaan geen versierings kon opgehang word nie.

Maar die Kanadese, Italianers, Swede en Oekraïners was nie alleen nie. Die Kersboom by die Rafic Hariri-lughawe in Beirut was daardie jaar ook ’n skok vir besoekers. Dit was nie net lelik nie – dit was eintlik glad nie ’n boom nie. Dié struktuur is van metaal, brandblussers en ander herwinde vliegtuigparte gemaak.

Nou ja, toe – lekker versier!

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.84 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.84 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%