Hobas Lodge ná kitsvloede opgeruim
Hobas Lodge van Namibia Wildlife Resorts (NWR) wat twee weke gelede onder kitsvloede deurgeloop het, is weer so skoongemaak dat die restaurant en kampeerterrein weer gaste kan huisves.
Die oord was besaai met hope sand en bome wat deur die vloede meegesleur is.
Mnr. Mufaro Njabulo Nesongano, NWR se korporatiewe en aanlynmediabestuurder, het gesê die span by die oord het hard gewerk om die sleutelgebiede wat die gaste die meeste raak, te herstel.
"Soos dit nou lyk, kan die res van die herstelwerk voor die begin van die piektoerismeseisoen voltooi wees," het hy gesê.
Hobas Lodge is in die /Ai-/Ais-Richtersveld-oorgrenspark naby die Visrivier-canyon geleë.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie