Hobas Lodge heropen
Namibia Wildlife Resorts (NWR) se Hobas Lodge mag weer sy deure oopmaak
Hobas Lodge is Vrydag versoek om sy deure toe te maak om sy personeel en gaste te beskerm nadat 'n gas wat die lodge tussen 17 en 19 Maart besoek het, positief vir Covid-19 getoets het.
"Om te verseker dat geen personeellid of gas met die virus besmet is nie, het gesondheidsbeamptes van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste die van die Keetmanshoop-distrikskantoor die oord besoek om die situasie waar te neem," lui 'n verklaring van NWR.
“Ons is verheug om die publiek in te lig dat ons werkers wat in kontak met die gas gekom het, geen tekens of simptome van Covid-19 toon nie, alhoewel hulle geadviseer is om vir 14 dae in isolasie te bly. Tydens die besoek is gesondheidsonderrig gee oor die vroeë opsporing van tekens en simptome, asook oor voorkomende maatreëls. Ons is verseker dat Hobas Lodge weer kan heropen," het dr. Matthias Ngwangwama, NWR se waarmendende besturende direkteur gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie