Hou00eb datakoste gaan ondersoek word
Hou00eb datakoste gaan ondersoek word

Hoë datakoste gaan ondersoek word

Suid-Afrika se hoë datakoste gaan onder die vergrootglas geplaas word.

Hy gaan die Mededingingskommissie vra om in samewerking met ander reguleerders ’n markondersoek te begin om die feite oor datakoste vas te stel, het Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, Donderdag in sy begrotingsrede in die parlement gesê.

Met verwysing na ’n berig in The Economist waarin data as die wêreld se waardevolste hulpbron beskryf word – “vir dié eeu (is dit) wat olie vir die vorige was, ’n aandrywer van groei en verandering” – sê Patel groei word plaaslik deur hoë datakoste beperk.

Dit benadeel gebruikers van selfone en skootrekenaars en ondernemings wat groot hoeveelhede data nodig het.

Die ondersoek is daarop gemik om maatreëls te identifiseer om datakoste te verminder en voorstelle daaroor aan die regering te doen.

Nuwe adviesraad

Patel het ook aangekondig dat ’n raadgewende paneel aangestel is om voorstelle te doen oor hoe die Wet op Mededinging gewysig kan word om ’n meer ingeslote ekonomie te bewerkstellig en die hoë vlakke van gekonsentreerde eienaarskap en beheer van bronne in baie sektore meer daadwerklik aan te spreek. Voorgestelde wysigings sal aan die kabinet en daarna aan die parlement vir goedkeuring voorgelê word.

“Op dié manier wil ons die ekonomie vir nuwe rolspelers oopstel, ekonomiese geleenthede aan swart Suid-Afrikaners gee en werklik help om die ekonomie dinamies, mededingend en ingeslote te maak,” sê Patel

Hoewel die Wet op Mededinging reeds onder meer voorsiening maak vir gelyke geleenthede om regverdig aan die ekonomie te kan deelneem, is daar nog baie marksektore waar eienaarskap in enkele hande gekonsentreer is. Dit beperk ekonomiese groei, die toetrede van nuwe rolspelers en innovering en dit verminder verbruikerskeuse.

“Dit lei tot ’n toenemende wrok onder swart Suid-Afrikaners weens die mislukking om die beloftes na te kom wat in die Mededingingswet gemaak word.”

Die voorgestelde wysigings sal ook daarop gemik wees “om maatskappye aan te moedig om verhoudinge te ontwikkel en strategieë te aanvaar wat die markstruktuur sal verander en konsentrasie van eienaarskap sal verminder deur voorheen benadeelde Suid-Afrikaners se toetrede tot die ekonomie aan te moedig”.

Die paneel bestaan uit adv. Michelle le Roux (advokaat in die Johannesburgse balie), Doris Tshepe (vennoot by ’n Johannesburgse regsfirma), Liberty Mncube (hoofekonoom van die Mededingingskommissie) en prof. Imraan Valodia (dekaan van die fakulteit van handel by die Universiteit van die Witwatersrand). Patel verwag dat die paneel binne ses weke ’n verslag sal indien. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!