Húlle kan gr. 10 herhaal

11 January 2017 | Onderwys
Tanja Bause



Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sal toelaat dat sekere kandidate wat die Junior Sekondêre Sertifikaat (JSC)-eksamen nie geslaag het nie, dit kan herhaal.

Sowat 2 430 kandidate wat in 2016 die graad 10-eksamen geskryf het en wat 17 jaar en jonger is, mag die eksamen in 2017 herhaal. In 2015 het 3 432 kandidate nie geslaag nie en dié eksamen in 2016 herhaal.

Hiervan het 2 258 geslaag en kan vanjaar met graad 11 voortgaan.

“Die ministerie wil leerlinge in kennis stel dat alle kandidate wat nie na graad 11 oorgeplaas word nie en wat 17 jaar of jonger is, op die eerste dag van die nuwe skooljaar toegelaat sal word om graad 10 te herhaal,” lui die verklaring.

Die leerlinge kan graad 10 by hul voormalige skole herhaal, hoewel dit nie 'n vereiste is nie. Hulle kan dit ook by enige ander skool van hul keuse doen indien daar plek is.

Leerlinge kan ook by die Namibiese Kollege van Ope Onderrig (Namcol), of enige deeltydse onderwysinstelling wat by die ministerie geregistreer is, graad 10 herhaal.

Leerlinge wat ouer as 17 is, word aangemoedig om by Namcol of enige deeltydse onderwysinstelling wat by die ministerie geregistreer is, aansoek te doen om hul prestasie in een of meer vakke te verbeter.

Die ministerie raai voorts leerlinge aan om hard te werk om die vereiste resultate te behaal voor hulle 21 jaar oud is sodat hulle met graad 11 op 'n voltydse basis kan voortgaan.

Leerlinge wat reeds by Namcol geregistreer is en die minimum punte behaal het wat vereis word om na graad 11 oorgeplaas te word, maar wat ouer as 21 is, word aangeraai om by Namcol aan te bly tot hulle graad 12 slaag.

Leerlinge wat in 'n ambag belang stel, word aangeraai om by enige ambagsopleidingsentrum (VTS) in die land aansoek te doen.

Ouers, voogde en leerlinge word daarop gewys dat 'n voltydse herhaling daartoe sal lei dat leerlinge die resultate verbeur wat hulle die vorige jaar in die JSC-eksamen behaal het.

Soortgelyk

 

Reusebrand verswelg apteek

14 ure gelede |

Jessica Botes - Die Dolphin-apteek op Swakopmund is gister verwoes nadat ’n brand om 14:30 ontstaan het.Swakopmund se brandweer het binne 30 minute daarin geslaag...

Oorplaatjies doring in vlees

14 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Uitvoerders van kleinvee na Suid-Afrika sê hulle sukkel om die kloutjie by die oor te bring oor waarom dit van 1 September...

Gobabis-moordverhoor

14 ure gelede | Howe

Jacqueline LouwDie verhoor in nóg 'n geval van geslagsgebaseerde geweld het gister in die hoërhof in Windhoek tot 'n einde gekom met die afhandeling van...

Kortnuus

14 ure gelede | Misdaad

Seun sterf in busongelukOtjiwarongo – 'n Seun het gesterf nadat die bus waarin hy en nog 27 insittendes op pad na Oshakati was, gister omstreeks...

Boois vas vir tenderbedrog

14 ure gelede | Regering

Die geskorste hoof van die Hardapstreeksraad, me. Yvonne Boois, is op aanklagte van tenderbedrog in hegtenis geneem. Haar inhegtenisname is deur mnr. Nelius Becker, hoof...

Weer, Woensdag 23 Augustus 2017

14 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig tot warm in die Suide. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees met winderige toestande wat oor die...

Tellermasjien geskud

14 ure gelede | Misdaad

First National Bank (FNB) se tellermasjien (OTM) by die ou kragstasie in Windhoek se suidelike nywerheidsgebied is Maandag omstreeks 01:15 oopgebreek. “Ons kan op die...

Uitspraak oor moord kom in November

14 ure gelede | Howe

Jacqueline LouwRegsverteenwoordigers het Maandag hul slotbetoë in die verhoor van mnr. Willem Barnard (64) voor regter Naomi Shivute gelewer.Barnard het vroeër vanjaar in sy eie...

Regering sê oor Zimbabwiese gegradueerdes

14 ure gelede | Ministeries

Catherine Sasman – Die kabinet het in reaksie op protes deur Namibiese gegradueerdes oor die voortgesette indiensname van Zimbabwiese argitekte en bourekenaars die ministerie van...