u2018Historieseu2019 staking by DStv misluk
u2018Historieseu2019 staking by DStv misluk

‘Historiese’ staking by DStv misluk

Petrus Malherbe – Die “historiese” staking by MultiChoice deur lede van die Information Communication Technology (Ictu)-vakbond blyk toe nie so omvangryk te wees nie.

Ictu-lede staak sedert Vrydag weens ’n geskil oor afleggings by die maatskappy, maar volgens ’n woordvoerder vir MultiChoice het net sowat 60 werkers daaraan deelgeneem.

Maandag het net 30 betogers by die betaaltelevisiediens se kantoorblok in Randburg opgedaag.

Volgens die woordvoerder is hulle ook vroegdag weer vort.

Ictu het Vrydag die staking – wat hy as “histories” in omvang beskryf – aangekondig. Volgens die vakbond sou sy lede “al 7,7 miljoen van DStv se kliënte verontrief” deur seker te maak dat geen tegniese hulp vanuit enige inbelsentrum verskaf kon word nie.

Die staking vorm deel van ’n geskil rondom moontlike afleggings by DStv se inbelsentrums en winkels.

Onderhandelinge hieroor vind steeds plaas tussen MultiChoice en lede van die Workplace Forum (WPF), die Communcation Workers Union (CWU) en Ictu.

Meeste van die werkers wat aan moontlike afleggings blootgestel word, is egter nie Ictu-lede nie.

MultiChoice het in Junie aangekondig dat hy meer as 2 000 werkers gaan aflê by sy winkels en inbelsentrum as deel van ’n groot herstruktureringsproses.

Dié stap word hoofsaaklik gedoen omdat MultiChoice se kliënte nie meer van hierdie dienste gebruik maak nie.

Hoewel oproepe na DStv se inbelsentrum Vrydag deur ’n outomatiese stem beantwoord is wat aangedui het dat “roetine-instandhouding” plaasvind, sê Benedict Maaga, woordvoerder, dat die staking deur Ictu-lede tot dusver tot geen onderbreking in dienste gelei het nie.

DStv se inbelsentrums is steeds ten volle in bedryf.

Ictu het in ’n verklaring Maandag aangedui dat sy stakende lede dissiplinêre kennisgewings ontvang het.

By navraag wou Maaga dit nie bevestig of ontken nie en net gesê die maatskappy kan nie kommentaar lewer op sulke aangeleenthede nie.

Intussen gaan gesprekke tussen die maatskappy en vakbonde voort, in ooreenstemming met vereistes soos uiteengesit in arbeidswetgewing, sê Maaga. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!