Hingste maak Kerskouse propvol

06 December 2018 | Sport
Die Wanderers-sportklub het met sy geldinsamelingsprojekte vanjaar opnuut die harte van twee liefdadigheidsorganisasies, asook verskeie kontantwenners, bly gemaak en Saterdag vir ‘n splinternuwe miljoenêr met sy miljoendollartrekking gesorg.

Verlede week kon Wanderers deur middel van sy welwillendheidsfonds N$10 000 aan die Dierebeskermingsvereniging van Namibië (NSPCA), die Maerua-kinderhuis, die Save the Rhino-trust en die Namibiese Junior-gholfvereniging oorhandig.

Die geld is deel van die opbrengste van die Daantjie Louw-gholfdag in Oktober.

“Wanderers se benadering is om projekte van stapel te stuur wat die gemeenskap en sy lede betrek, en om die geld weer in die gemeenskap terug te ploeg. Ons jaarlikse welwillendheidsgholfdag is een van hierdie projekte en word elke jaar deur verskeie plaaslike besighede en individue ondersteun.

“Huis Maerua en die NSPCA doen almal fantasiese werk in die gemeenskap deur na diere en kinders om te sien en kinders ook te help ontwikkel.

“Hierdie is waardes wat Wanderers baie na aan die hart lê, en daarom het ons dit goedgedink om hulle hierdie jaar deur middel van die skenkings met hul aktiwiteite en projekte te ondersteun,” sê die klub in ’n verklaring.

Die ander projek is natuurlik die jaarlikse Million Dollar Draw, waarmee Wanderers oor meer as twee dekades al miljoenêrs van meer as 20 mense gemaak het.

Die klub wil benadruk dat hy deur suksesvolle projekte vanjaar weer eens aan die gemeenskap kon teruggegee.

Met 2018 se geluks-trekkings is prysgeld ter waarde van N$2 810 000 aan verskeie wenners uitbetaal.

Met die Hingste se laaste trekking die afgelope Saterdag, is prysgeld van N$1,6 miljoen gewen.

Dit sluit die groot prys van N$1 miljoen in.

“Met die huidige ekonomie maak bedrae soos dié wat terug in Namibië se mense geploeg word, ‘n groot verskil met kontantvloei wat weer in omloop kom. Al is dit op ‘n relatiewe klein skaal, dra Wanderers tóg tot die stimulering van die ekonomie by.

“Wanderers wil hiermee almal bedank wat die gholfdag en die Million Dollar Draw, asook al die ander projekte, netbal- en rugbywedstryde en toernooie deur die jaar ondersteun het. Sonder jul deelname en ondersteuning sou ons klub nie in ’n posisie gewees het om iets aan Namibië se mense terug te gee nie.

“Ter voorbereiding van ons eeufeesvieringe, wat vroeg in 2020 afskop, maak ons volgende jaar weer so. 'n Fantastiese eeufeespartytjie word reeds beplan en beloof om een groot makietie te wees. Dit is nie aldag dat ‘n sportklub in Namibië 100 jaar oud word nie.

“Wanderers sal van 21 Desember af gesluit wees en heropen weer op 3 Januarie. Die klubkantoor sal op 7 Januarie weer sy deure open. Ons wens almal ’n geseënde Kersfees en alles van die beste vir 2019 toe,” het die klub sy verklaring afgesluit.

Die volledige lys wenners van N$2 000 en N$1 000 is op Wanderers se Million Dollar Draw Facebook-blad beskikbaar. Mense kan ook die klubkantoor kontak om uit te vind of hulle wel ‘n prys gewen het.

Name van die grootste pryswenners

N$1 miljoen: kaartjie nr. 3194 (SLK), N$100 000: nr. 721 (Victor Rauwerda), N$100 000: nr. 1843 (Shawn Smith), N$50 000: nr. 290 (M.E. Angermund), N$50 000: nr. 2202 (3 X 69 + 1), N$10 000: nr. 312 (JP van Wyk), N$10 000: nr. 1507 (Barend Janse van Rensburg), N$10 000: nr. 1710 (Life is good), N$10 000: nr. 2673 (Willi), N$10 000: nr. 4232 (H. Radeck), N$5 000: nr. 251 (Denise Michaels), N$5 000: nr. 880 (A. Hayward), N$5 000: nr. 2104 (CDT), N$5 000: nr. 2343 (Brauhaus), N$5 000: nr. 2649 (Tongaat Hulett), N$5 000: nr. 2908 (Amos), N$ 5 000: nr. 3100 (SLAM), N$5 000: nr. 4214 (L. Bednarel), N$5 000: nr. 4422 (Pat Bandit), N$5 000: nr. 4458 (Bianca Gordon).

Soortgelyk

 

Honderde miljoene vir veevoer nodig

17 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Die 2019 droogte is ‘n omvangryke ramp en ten minste N$170 miljoen is nodig om net 5 persent van die nasionale veekudde...

Min of geen handboeke vir nuwe leerplan

17 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Óf drupsgewys óf glad nie. Dit is volgens verskeie skole oraloor die land die huidige stand van handboeke vir die nuwe leerplan...

Regional council must account for vandalised buildings

17 ure gelede | Infrastruktuur

AUSSENKEHR – The //Kharas Regional Council must account for government buildings that are vandalised and left to become white elephants, the minister of urban and...

Swapo beslis dorpsraadslede se lot

17 ure gelede | Politiek

Dorpsraadslede van Okahandja en Rundu moes Maandag ure lank by Swapo se hoofkantoor in Windhoek wag om te hoor wat hul lot is. Verskeie nasionale...

Groeiende stad druk rioolstelsel

17 ure gelede | Infrastruktuur

Elvira Hattingh - Die Windhoekse munisipaliteit erken sekere rioolpype in die stad moet opgradeer word om die groeiende getal stadsbewoners te akkommodeer. Terselfdertyd beloof hulle...

Weer vir 19 Februarie 2019

17 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Bloedige hittetoestande word vir die res van die week in die binneland verwag.BINNELAND: Mooiweer en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik...

Gammams staan steeds stil

17 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh – Windhoek se munisipaliteit (CoW) sê hul Gammams-watersuiweringsaanleg staan steeds stil nadat swaarbrandstofolie meer as twee weke gelede in die stad se rioolstelsel...

‘Vroue is sterk’

17 ure gelede | Maatskaplik

Mariselle Stofberg – TrueKrav Namibia het Donderdag, in samewerking met die Namibiese Vrouevereniging en Kosmos, ’n praatjie oor geslagsgeweld in die hoofstad aangebied.TrueKrav bied...

Namcor wil vry van sekere wette wees

17 ure gelede | Energie

Elvira Hattingh - Namibië se Nasionale Petroleumkorporasie (Namcor) het ‘n aansoek by die Namibiese Kompetisie-kommissie ingedien om vir die volgende 10 jaar vrygestel te wees...