Hier’s Namibië se slimkoppe!

20 December 2018 | Onderwys
Octavia Tsibes en Tunohole Mungoba – Die toptien-graad 12’s op hoërvlak is gister bekend gemaak.

Hulle vertel hul suksesverhale en deel wenke aan ander leerlinge vir goeie prestasie.

1. Sharzaan Putter, Windhoek Gimnasium

Die slimste slimkop het N$2 000 ontvang vir die beste algehele prestasie in ses NSSCH-vakke.

Sharzaan Putter, van Windhoek Gimnasium, sê Kolossense 3:23 het haar in haar voorbereiding gehelp.

“Jy moet vroeg begin, ‘n studierooster opstel en daarby hou,” sê sy. “Jy moet verstaan wat jy studeer en genoeg slaap die aand voor ‘n eksamen kry. Die belangrikste is om jou krag in die Here te vind.”

2. Kyana Diehl, St. Paul’s College

Kyana Diehl, van St. Paul’s College, het N$1 200 ontvang as die meisie met die beste prestasie in ses vakke.

“Regdeur my skoolloopbaan was ek toegewyd en het ek gefokus gebly. As ek studeer, gebruik ek visualiseringstegnieke en toets myself,” het sy gesê.

“Jy moet regtig in die vakke belangstel wat jy studeer.”

3. Marko Kersten, Delta Sekondêre Skool, Windhoek

Marko Kersten, van Delta Sekondêre Skool, het as die seun met die beste prestasie in ses vakke N$1 200 ontvang.

“Maak die regte kopskuif. Balans is baie belangrik. Ek het die werk aan my vriende verduidelik, wat gehelp het om my werk te onthou en te verstaan,” sê hy. “Jou ingesteldheid is belangrik,” sê hy.

Marko se raad aan leerlinge is: “Probeer om alles te geniet, want die kanse is groot dat jy goed daarin gaan wees.”

4. Michael Olajide, St. Boniface College

Michael Olajide, van St. Boniface College, het N$1 200 ontvang as die seun met die beste prestasie in vyf vakke.

Sy sleutel tot sukses is harde werk en deursettingsvermoë. “Deelname in die klas is baie belangrik, en dit het my gehelp om uitdagende studiegebiede te verstaan,” sê hy. “Berei altyd vroeg vir die eksamen voor en studeer hard.”

5. Allen Shapi, St. Boniface College

Allen Shapi, van St. Boniface College, sê die jeug probeer kleiner suksesse oor groter belonings voorkeur gee.

“Die pad hierheen was nie maklik nie, maar harde werk word beloon. Ons het verskillende agtergronde, maar het een doel voor oë, en dit is om suksesvol te wees,” sê hy. Sy raad is om op jou eerste dag van graad 12 jou boeke reeds oop te slaan. “Moenie wag nie. Jy sal teleurstellings op die pad kry en jy sal val, maar moenie dat dit jou definieer nie.”

6. Danilo von Ludwiger, Windhoek Gimnasium

Danilo von Ludwiger, van Windhoek Gimnasium, sê “sit stil en werk hard; doen meer as wat van jou verwag word”.

“Van die begin van graad 11 af was ek gefokus, wat my werk minder stresvol in my finale jaar gemaak het.”

Danilo sê hy het ‘n uitstekende ondersteuningstelsel gehad, soos sy ouers wat hom baie gehelp het.

7. Johaue Berry, Windhoek Gimnasium

Johaue Berry, van Windhoek Gimnasium, het N$1 200 ontvang as die meisie met die beste prestasie in vyf vakke.

“Ek glo om suksesvol te wees, kan jy nie net werk wanneer dit van jou verwag word nie, maar ook wanneer niemand dit van jou verwag nie. Doen ekstra moeite met klein goedjies soos navorsing, huiswerk en klein toetse, wat goeie vrugte afwerp.”

Haar toekomsplanne is om volgende jaar met ’n LLB-graad aan die Universiteit Stellenbosch af te skop. Johaue se raad aan ander matrieks is: “Moet nooit jou eindeksamen met té hoë verwagtinge ingaan nie, want die emosionele gevolg daarvan is reusagtig. Werk hard en gee jou beste, maar moenie spesifieke eise aan jouself stel soos om onder die top-10 van die land te wees nie.”

8. Phillip Schommarz, Windhoek Gimnasium

Phillip Schommarz, van Windhoek Gimnasium, sê balans moet in alles gehandhaaf word. “Om balans tussen werk en speel te vind, was belangrik vir my. Ek kon my vrye tyd geniet en my skoolwerk steeds met gemak hanteer.”

Hy sê jy moet weet hoeveel jy moet insit om deur te kom.

9. Damien Schutz, St. Paul’s College

Teen druktyd kon Damien Schultz, van St. Paul’s College, nie vir kommentaar bereik word nie.

10. Adoltina Muremi, St. Boniface College

Teen druktyd kon Adoltina Muremi, van St. Boniface College, nie vir kommentaar bereik word nie.

Soortgelyk

 

Afrika-lied kom tuis in Namib

20 ure gelede | Kuns en vermaak

Elvira Hattingh - Die Duits-Namibiese kunstenaar Max Siedentopf het wêreldwyd opslae gemaak met ‘n kunsinstallasie in die Namib wat Toto se bekende liedjie “Africa” oor...

CoW verloor ronde teen baas

20 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die geskorste uitvoerende hoof van die Windhoekse stadsraad (CoW), mnr. Robert Kahimise, het 'n ronde teen sy werkgewer gewen.CoW sal waarskynlik binne...

Sowat 7 000 skeepspassasiers sak op Walvis toe

20 ure gelede | Toerisme

Geskiedenis is gister gemaak toe vier groot passasierskepe in die Walvisbaai-hawe op anker gelê het en sowat 7 000 internasionale reisigers op die hawedorp toegesak...

Herstel internet, toegang tot sosiale media in Zim

20 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Om mense in Zimbabwe die gebruik van internetdienste te ontneem, is ‘n skending van hul menseregte en benadeel die ekonomie.“Ons raam die...

Weer vir 17 Januarie 2019

20 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie oor die sentrale,...

Jong Namibiër maak biomediese deurbrake

20 ure gelede | Gesondheid

Denver Kisting - Sy twee jonger sibbe se worsteling as kinders met asma het ’n jong Namibiese ingenieur aangespoor om ’n toestel te ontwerp wat...

Lui-lui telefoon

20 ure gelede | Tegnologie

Telecom Namibia se landlyne in Windhoek was sedert Dinsdag buite werking. Mnr. Oiva Angula, Telecom Namibia se hoof van korporatiewe kommunikaise en openbare skakelwese, het...

Gedenkdiens gehou vir slagoffers van ongeluk

20 ure gelede | Plaaslik

’n Gedenkdiens vir ses van die sewe slagoffers wat onherkenbaar verbrand is tydens die ongeluk op 10 Augustus 2018, is Dinsdag op Otjiwarongo gehou. Die...

Meer as N$2 miljoen se stukkende verkeersligte

20 ure gelede | Regering

Die hoofstad se munisipaliteit het in 2018 meer as N$2 miljoen bestee om stukkende verkeersligte te herstel nadat dit in padongelukke beskadig is.Mnr. Harold Akwenye,...