Hier speel almal met klei
By 'n ateljee op Lüderitz word lag-lag kunswerke gemaak.
Tanja Bause – Uit ’n klein kamertjie op Lüderitz kom vrolike geluide - die vroue van die Studio is besig om nuwe skeppings te maak.
Dié pottebakkery-ateljee, wat al oor die tien jaar bestaan, is oop vir almal wat belang stel en kreatief wil wees.
Cischa Swanepoel het in 2011 met pottebakkery begin omdat haar ma daarmee besig was. “Ek het nog altyd geskilder en geverf en dit was net nog ’n manier om kreatief te wees.”
The Blue Dune Pottery Studio, of die Studio soos dit alom bekend is, het vier voltydse lede en tussen vyf en tien mense wat op Dinsdae en Donderdae bymekaarkom om in ’n vriendelike omgewing kreatief te wees.
“Ons gee nie klasse nie,” het Cischa gesê.
“Daar is wel stappe wat jy moet volg, sodat jy weet hoe dinge werk. Ons help en verduidelik wat om te doen met die gereedskap, verf en klei, en jy skep en geniet jouself. Ons gee ook vir beginners klei sodat hulle eers kan toets of hulle daarvan hou voordat hulle in klei belê.
“Ek maak net waarvoor ek lus is. Die borde met Lüderitz se historiese geboue daarop geverf, is baie gewild en verkoop goed. Mense het my ook al genader en gevra of ek hulle huise op borde kan verf en natuurlik is dit geen probleem nie, bring net ’n foto,” het Cischa gesê.
Sy maak ook yskasmagnete met verskillende motiewe van Lüderitz op wat ook baie gewild is veral onder besoekers.
“Dit is klein goedjies wat toeriste maklik van Lüderitz kan saamvat.”
Volgens haar hoef mense nie kunstig te wees nie.
“Solank jou basis reg is, kan jy net kom speel en kreatief wees. Kom maak iets met jou hande, raak ontslae van die daaglikse stres en geniet jouself.”
Nog ’n lid van die Studio is Nicole Ferreira wat al agt jaar pottebakkery doen.
“Ek het ’n kreatiewe pretdag by Kolmanskop bygewoon en daar op pottebakkery verlief geraak. Ek is mal daaroor om kreatief te wees en goed met my hande te maak. Dit is lekker ontspannend hier by die Studio,” het sy gesê.
Haar items word onder meer by Rocky Shores op Lüderitz verkoop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie