Hier kan jy Nelson Mandela se lewe vier
Hier kan jy Nelson Mandela se lewe vier

Hier kan jy Nelson Mandela se lewe vier

Alle Suid-Afrikaners word aangemoedig om vandag spesiaal in hul gemeenskappe te maak.
Vanjaar se Nelson Mandela­dag-vierings kom volgens die regering op 'n kritieke tydstip waarin maatskaplike en ekonomiese uitdagings soos vroue- en kindermisbruik, hoë vlakke van werkloosheid, armoede, misdaad en korrupsie Suid-Afrika in die gesig staar.

Die interministeriële komitee oor die 100ste herdenking van Mandela en Albertina Sisulu se geboortejaar meen daarom dat vanjaar se Mandela-maand en Nelson Mandela-dag – wat vandag gevier word – 'n nasionale oproep vir elke Suid-Afrikaner moet wees om hul deel by te dra om sommige van ­bogenoemde uitdagings in hul onderskeie ­gemeenskappe te takel.

Die regering hou nie vanjaar 'n ­amptelike geleentheid om Mandela-dag te vier nie, maar het besluit om die dag in die gees van pres. Cyril Ramaphosa se Thuma Mina-veldtog tot nasionale dag van diens te verklaar.

Alle Suid-Afrikaners word aan­gemoedig om vandag spesiaal in hul gemeenskappe te maak.

Blomme en kerse kan ook by enige Nelson Mandela-standbeeld, struktuur, skool of straat wat sy naam dra, gelê en aangesteek word om Mandela te herdenk.

Ramaphosa sal Mvezo vandag besoek as sy bydrae tot die ­nasionale dag van diens. Sy besoek sal deel vorm van die humanitêre bedrywighede wat vir vandag beplan word.



INTERNASIONALE ­BEDRYWIGHEDE

Brand South Africa se kantoor in China sal in samewerking met die Suid-Afrikaanse ambassade daar Nelson Mandela-dag in 'n Chinese skool vir benadeelde kinders vier.

In Brittanje is 'n ses weke lange herdenkingsprogram vir Mandela tans aan die gang in samewerking met die museum van die Britse Raad. 'n Replika van sy tronksel bied aan verbygangers in Londen die kans om die omstandighede te ervaar waarin Mandela op Robbeneiland aangehou is.

In Nairobi, Kenia, hou dié land se nasionale museum saam met die Nelson Mandela-Museum 'n ­Mandela-konferensie.

Die ambassade van Kuba het ook 'n reeks bedrywighede georganiseer om die 100ste herdenking van Mandela se geboortejaar te herdenk.

Die interministeriële komitee moedig alle ambassades aan om aan die Mandela-vierings deel te neem.



BRONSBEELD ONTHUL

Die Wes-Kaapse regering en die Kaapstad-metro gaan eersdaags 'n bronsbeeld van oudpres. Nelson Mandela by die stadsaal in Darlingstraat onthul.

Om hom te vereer word 'n bronsbeeld van Mandela op 24 Julie op die trappe van die stadsaal onthul waar hy sy eerste toespraak as 'n vry man op 11 Februarie 1990 gelewer het.

“Ons voormalige president is wêreldwyd 'n ikoon, maar soveel van sy merkwaardige lewens­verhaal is aan Kaapstad en die Wes-Kaap ­gekoppel,” lui 'n verklaring wat deur die stadsraad en die plaas­like regering uitgereik is.

“Dit (die beeld) sal 'n goeie eerbewys wees aan 'n man aan wie ons baie verskuldig is vir al die opofferings wat hy gemaak het. Die beeld moet dien as 'n konstante herinnering aan daardie historiese dag en die jare van opoffering wat gelei het tot daardie oomblik toe hy vrygelaat is en later met duisende mense vanaf die stadsaal se balkon gepraat het.”

Die beeld is deur die kunstenaars Xhanti Mpakama en Barry Jackson ontwerp. Mpakama is 'n jong kuns­tenaar wat in die Oos-Kaap gebore is naby waar Madiba grootgeword het. Jackson is 'n ervare beeldhouwerker wat al verskeie werke van historiese figure vir die nasionale erfenisprojek geskep het.

'n Uitstalling oor Madiba se lewe en tyd in Kaapstad, diegene wat by die bevrydingstryd in die stad betrokke was, en die gebeure wat gelei het tot sy vrylating en toespraak vanaf die balkon van die stadsaal sal ook onthul word. 

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!