Heyneke wél Stade Francais se breier
Rugby
Die voormalige Springbok-afrigter Heyneke Meyer sal aanstaande seisoen die Franse klubrugbyreus Stade Francais afrig.
Die Paryse klub het gister bevestig Meyer sal vir twee jaar aan die stuur van sake wees, met die opsie om sy kontrak daarna vir 'n derde jaar te verleng.
Meyer, wat ná 2015 se Wêreldbekertoernooi as Bok-breier bedank het, sal aanstaande maand na Frankryk vertrek waar hy in die doodsnikke van sy nuwe klub se veldtog die huidige seisoen sal dophou en vir aanstaande seisoen begin voorberei.
Dis die eerste heeltydse pos vir die 50-jarige Meyer sedert sy uittrede as nasionale breier. Die Bokke het in 2015 derde in die WB-toernooi geëindig.
“Dis 'n groot eer om by Stade Francais aan te sluit. Die klub het 'n ryke geskiedenis en ek kan nie wag om betrokke te raak nie,” het Meyer op die klub se amptelike webruimte gesê.
“Stade Francais het ambisieuse doelwitte. Ek kan dit nie alleen bereik nie, so ek is baie tevrede
om met 'n talentvolle groep spelers te werk wat dieselfde doelwit
in gedagte het,” het Meyer bygevoeg.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie