Het jag steeds 'n toekoms?
Het jag steeds 'n toekoms?

Het jag steeds 'n toekoms?

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Ek vermoed ek steek my kop in ‘n bynes, maar ek het lankal reeds iets op die hart.

Onlangs dek ek die Namibië Professionele Jagvereniging (Napha) se jaarvergadering en hoor wat die lot van die plaaslike jagbedryf is: Ál meer onder internasionale en plaaslike druk, selfs gehaat, al floreer wildgetalle glo in Namibië met syfers wat die beste in ‘n eeu lyk. Dit gaan só ver dat ‘n algemene verbod op die vervoer van trofees geld.

Vóór in die vergadering, prominent, sit verteenwoordigers van die Amerikaanse ambassade en minister Pohamba Shifeta bedank hulle, asook die Europese Unie vir hul vennootskap met Namibië as dit by bewaringsjag kom.

Die etiek rondom jag tree sterk na vore, met die Napha-president wat sê die eintlike rede vir kwynende wildgetalle (in ánder lande) is die bevolkingsontploffing onder mense en die gevolglike vernietiging van habitatte. Maar dis jagters wat haatpos en doodsdreigemente ontvang.

Ek het lankal my mening oor jag gevorm: Ek is vír jag – solank dit volhoubare wildgetalle bewerkstellig – soos dit in Namibië gedoen word. En voor jy my afslag, moet jy verder lees.

Ek glo in die algemeen nie in die idee dat die doel die middele heilig nie, maar as dit by jag kom, moet jy na die statistieke kyk.

In die 1960’s kon jy nie die wild op jou plaas besit of skiet nie. Toe het wildgetalle in Namibië op sowat 500 000 gestaan. Sedert dié wetgewing verander het, die jagbedryf ontstaan het en en jy regte op wild in jou kommunale gebied of jou plaas gekry het, het wildgetalle sesvoudig toegeneem. Tans staan dit op 3 miljoen.

Tans het Namibië die wêreld se sterkste bevolking van swartrenosters, jagluiperds, luiperds en kameelperde.

Ons het eintlik te veel olifante, met die minister wat in die Napha-vergadering spottenderwys gesê het hy gee olifantpare weg vir enigeen wat belangstel.

Húl syfers het van sowat 7 500 in 1995 tot 22 000 vandag gegroei, sê hy.

Die grootste leeubevolking buite bewaringsgebiede is in die Kunenestreek, terwyl Etosha sowat 500 leeus het wat só aanteel dat die park jaarliks sowat 50 leeus te veel het. Etosha is reeds té vol en kan niks meer leeus hou nie.

Trofeejag, waar slegs ou, onproduktiewe manlike diere veronderstel is om geskiet te word, eis jaarliks sowat 1% van nasionale wildkuddes, terwyl wild teen ‘n koers van 25% per jaar groei.

Dit klink teenstrydig dat jag, of die doodmaak van wild daartoe kan lei dat hul getalle só groei. Die som is egter eenvoudig: Hoekom sal iemand sekuriteitsmaatreëls implementeer om wild op hul grond teen byvoorbeeld stropers of droogte of ander skade te beskerm as hulle nie enige finansiële voordeel daaruit kan trek nie?

Hoekom sal jy vir hom 'n habitat skep as hy jou landerye vertrap of hom lek in droogtetye gee? Hy ding dan met jou bees mee vir weiding!

Minister Shifeta sê vir wild om op landbougrond verdra te word, moet die voordeel daarvan groter as die koste wees. Dit gaan nie daaroor om die lewe van elke individuele dier te red nie, maar eerder om die oorlewing van groter wildbevolkings moontlik te maak.

Die toekoms van jag lyk onseker – gaan dit onder druk swig? Ek weet nie of óns die wêreld anders oor jag sal kan laat dink nie.

Dit mag wees dat baie mense uit onkunde teen jag gekant is.

"Goed ingeligte" antijag-aktiviste laat na om met ‘n werkbare, praktiese alternatief vir die voortbestaan van wild vorendag te kom. Moet asseblief nie sê ons moet hulle slegs in parke en hokkies in dieretuine aanhou nie.

Ek kom tot een slotsom: Sou die jagbedryf swig sonder werkbare alternatiewe, kan ons nóú en net hier finaal afskeid neem van al ons vrylopende olifante, koedoes, sebras, gemsbokke, dik-dikkies – noem dit!

Dalk sal ons hulle nog in prentjieboeke en in glashokkies kan sien.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%