Hervulling op see wek kommer

Tanja Bause
Tanja Bause – Kommer heers onder mariene en omgewingskenners oor die bedreigde Afrika-pikkewynkolonie buite Lüderitz.

Dit nadat ’n skip vir die tweede keer vanjaar ’n ent van Halifax-eiland af brandstof hervul het.

Die mynboot Ya Toivo het Dinsdag 16 km van Halifax by Lüderitz brandstof van die tenkskip Anuket Topaz ontvang.

Die eerste keer was op 6 Mei en 6 km van Halifax. Die eiland is die tuiste van die Afrika-pikkewynbevolking en in die middel van die Namibië Eilande Mariene Beskermde Gebied (Nimpa).

Volgens dr. Chris Brown, uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van die Omgewing (NEC), verbied wetgewing van die direktoraat maritieme sake (DMA) in die ministerie van werke en vervoer die hervulling van brandstof op see binne 50 seemyl (sowat 93 km) van die kus af.

Daar is voorsiening gemaak vir uitsonderings, met die toestemming van die DMA-direkteur. Dit is egter net onder ongewone omstandighede en nie vir roetinegerief nie.

“Volgens die NCE is dit hoogs onverantwoordelik van die DMA om die bepalings vir uitsonderings te misbruik deur dit toe te pas op 'n roetinesituasie. Dit is uiters onverantwoordelik van International Mining and Dredging Holdings (IMDH) om hierdie toestemming in die eerste plek te vra - nou vir die twee keer die jaar,” het Brown gesê.

“Ons het verneem toestemming is gegee sonder enige konsultasies met belanghebbendes soos die ministerie van visserye en mariene hulpbronne, die ministerie van die omgewing en toerisme, en die DMA-kantoor op Lüderitz. In die geval van 'n storting sou niemand voorbereid gewees het nie. Niemand is gevra om te monitor nie. Die hele benadering is eenvoudig onbevoeg en verkeerd.”

Die gebied waar die hervulling plaasgevind het, is van die mees kwesbare kus- biodiversiteitgebiede en die enigste mariene beskermde gebied (MPA) in Namibië. Die kritiek bedreigde Kaapse malgasse broei op die nabygeleë Ichaboe-eiland en die Afrika-pikkewyne op Halifax. Die reeds bedreigde swart kormorant word ook deur die hervulling in gevaar gestel.

“Hervulling op see is 'n gevaarlike besigheid en ongelukke kan gebeur - daarom wetgewing om dit te reguleer. Om hierdie regulasies eenvoudig te omseil met onnodige goedkeuring vir situasies wat nie uitsonderings regverdig nie, is uiters onverantwoordelik en maak 'n bespotting van die wetgewing

“Die NCE is baie duidelik in sy aanbevelings: Geen hervulling mag binne die 50 seemyl toegelaat word nie, behalwe vir uiters spesifieke en regverdige redes; voordat enige hervulling binne die grense toegelaat word, moet daar konsultasies met die verskeie ministeries en die kusowerhede wees en almal moet saamstem dat dit 'n uitsonderlike situasie is; en in 'n uitsonderlike situasie, waar moontlik, moet die beste plek vir hervulling gekies word om die risiko te verminder. Die nodige addisionele voorsorgmaatreëls moet geïdentifiseer en toegepas word, 'n moniteringstelsel moet geïmplementeer word en 'n noodreaksiemeganisme moet ingestel word,” het hy gesê.

Die skepe het ’n permit van die DMA-kantoor op Walvisbaai ontvang en was wettig in die beskermde gebied.

Volgens mnr. Paolo Esposito van die IMDH-groep aan wie die MS Ya Toivo behoort, het die hervulling nie in die nabyheid van Halifax plaasgevind nie, maar wel verder as 10 seemyl van die kus af.

Volgens GPS-koördinate van die twee skepe is die hervulling in Mei en op Dinsdag onderskeidelik 3.2 en 8.7 seemyl van Halifax af gedoen.

“Die DMA is geregtig op voorwaardes om variasies toe te laat.

“Ons het in die aansoekproses die koördinate voorgestel, maar dit is die diskresie van die DMA om hulle te bevestig of te verander. Die plek word noukeurig gekies met die oog op onder meer weerstoestande, operasionele vereistes van die vaartuig, beperkte hawekapasiteit, konsultasie met owerhede aan boord van die skip oor die behandeling van die materiaal daarop - in die lig van die uiters sensitiewe aard van die operasies wat onderneem word, is die veiligheidsoorwegings ook van die groot belang.

“Die DMA sou die permit nie toegestaan het indien enige gevare voorsien is nie,” het Esposito gesê.

Volgens die woordvoerder van die ministerie van werke en vervoer, mnr. Julius Ngweda, is hervulling op see ’n algemene praktyk oor die hele wêreld en word dit in Namibië volgens die wet uitgevoer.

“Sommige groot mynbote soos die Ya Toivo wie se mynlisensies in die MPA is, vra gereeld toestemming om brandstof by hul mynplekke te hervul, hoofsaaklik weens operasionele redes, om nie mynbouaktiwiteite te onderbreek nie. In hierdie konteks het hervulling al vir die afgelope 20 jaar buite Lüderitz en binne die MPA plaasgevind sonder besoedelingsvoorvalle,” het hy gesê.

“Ons verseker die publiek dat die permitte vir hervulling op 'n verantwoordelike wyse uitgereik word volgens 'n metodiese risiko-assesseringsproses wat die skepe, asook eksterne en omgewingsfaktore sowel as wetlike bepalings in ag neem. Indien 'n operasie as te gevaarlik geag word, word goedkeuring geweier."

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!