Hervestigingsplaas vir Vicki ya Toivo
Hervestigingsplaas vir Vicki ya Toivo

Hervestigingsplaas vir Vicki ya Toivo

Die weduwee van wyle mnr. Andimba Toivo ya Toivo het uit Genève bevestig sy het om 'n plaas aansoek gedoen.
Augetto Graig
Augetto Graig - Adv. Vicki Erenstein ya Toivo, weduwee van die gestorwe nasionale held mnr. Andimba Toivo ya Toivo, is deur die ministerie van grondhervorming 'n hervestigingsplaas toegeken.

Die ministerie het gister 'n advertensie geplaas waarin hy die sewe begunstigdes van hervestigingsplase aangekondig het, met Ya Toivo se naam bo-aan die lys

Ya Toivo, wat ook die spesiale raadgewer van die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekking en werkskepping is, het 'n 2 376 hektaar-deel van Plaas Joyce (nommer 198) in die Omahekestreek vir hervestiging ontvang. Sy moet binne 30 dae die plaas in besit neem. Die stuk grond is nie groot genoeg om ekonomies lewensvatbaar op te boer nie.

Ya Toivo is tans in Switserland waar sy Namibië by die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) verteenwoordig. Toe Republikein haar telefonies kontak, het sy gesê sy het nie geweet die plaas is aan haar toegeken nie. Nadat vrae oor die kwessie aan haar gestuur is, het sy telefonies laat weet sy sou eers gisteraand kans kry om dit te beantwoord.

“Julle kan dit maar sensasioneel maak soveel as wat julle wil, maar ek kan nie nou antwoord nie omdat ek 'n vergadering bywoon wat al my aandag verg,” het sy gesê.

In die kort telefoniese gesprek kon Ya Toivo wel bevestig dat sy aansoek om die hervestigingsplaas gedoen het.

Volgens haar het haar man 'n hervestigingsplaas naby Omaruru gehad, maar hy het weer aansoek gedoen vir 'n beter een aangesien dié plaas nie met geriewe toegerus is nie. “Dit het geen huis of heinings nie, nie genoeg water nie en baie beeste is weens die droogte daar verloor,” het sy kortlik verduidelik.

Intussen kon mnr. Chrispin Matongela, die ministerie van grondhervorming se openbare skakelbeampte, by navraag nie die besluit oor die toekenning van die hervestigingsplaas aan Ya Toivo verduidelik nie.

“Die besluit hieroor is deur die advieskommissie vir grondhervorming geneem, waarvan die permanente sekretaris die voorsitter is. Dié kommissie is soos 'n outonome agentskap wat aanbeveling aan die minister maak, wat dan die finale besluit oor die toekenning van hervestigingsplase neem,” het hy verduidelik.

Volgens Matongela het die kommissie gister heeldag vergader en sal vandag weer. “Ek sal eers teen Donderdag 'n antwoord op die navraag kan verskaf,” het hy gesê.

Die permanente sekretaris, mnr. Peter Amutenya, was ook nie beskikbaar nie terwyl 'n navraag per e-pos aan minister Utoni Nujoma onbeantwoord gebly het. Hy het nie sy selfoon geantwoord nie.

Op sosiale media is daar van vroeg gisteroggend oor die toekenning gebrom.

Die grondaktivis mnr. Job Amupanda het op sy Facebook-blad só gereageer: “Vicky Lynne Erenstein het 'n plaas gekry, in 'n skema (bedoel) vir benadeelde swartmense. Hierdie land is so 'n grap. Dit blyk duidelik dat opstand die enigste manier is om die grondvraagstuk te takel. Dit lyk asof dit is wat die politieke elites wil hê. Wat 'n #Sh*thole-land!"

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.99/OZ UP +0.42% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.67% | Zinc US$ 2 857.60/T UP 1.82% | Brent Crude Oil US$ 87.79/BBP DOWN -0.0023 | Platinum US$ 906.73/OZ UP +0.51% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.99/OZ UP +0.42% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.67% | Zinc US$ 2 857.60/T UP 1.82% | Brent Crude Oil US$ 87.79/BBP DOWN -0.0023 | Platinum US$ 906.73/OZ UP +0.51%