Herskikking nu00e1 droogte nou meer omvangryk
Herskikking nu00e1 droogte nou meer omvangryk

Herskikking ná droogte nou meer omvangryk

Leer by Chinese
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher



Die voorsitter van die agri-onderneming COFCO Inter­national, mnr. Johnny Chi Jingtao, word deur die Wêreld- Ekono­miese Forum (WEF) aangehaal in terme van 'n vyfpuntbenadering tot herskikking wat suksesvol in China toegepas word.

China en die VSA is om goeie én slegte redes in die nuus.

Wat belangrik is, is die impak van hul geskille ten opsigte van handel. Die algemene neiging ten opsigte van versnelde ekonomiese ontwikkeling is oorgrenshandel. Verkieslik moet 'n land meer uitvoer as invoer, maar met die huidige handelsoorlog tussen China en die VSA word wêreld­markte erg versteur.

Daar is wel lesse te leer by die Chinese, want volgens hulle sal ekono­miese groei in 2019 minder as 7% wees. Dit is in kontras met hoe daardie ekonomie by geleentheid “gerem” moes word om ­ekonomiese groei tot minder as 10% te beperk. Veranderde markte en veral verbruikersvoorkeure het ook die Chinese ekonomie getref. Dit was veral hul “onverskilligheid” ten opsigte van die omgewing wat probleme gegee het. Paradigmaskuiwe was onafwendbaar.

Jingtao se vyf lesse kan sekerlik ook toepassing vind waar herstrukturering van veral die landbou ná uitmergelende droogtes voorrang moet kry. Dit sal nie help om net 'n paar spreekwoordelike pleisters op die seer te plak nie.

Die eerste les handel oor die vereistes ten opsigte van volhoubare herskikking is die rol van behoorlike finansiering. Die finansiering van landbou, veral tydens herstrukturering, bly riskant.

Tog het die Chinese dit reggekry om rentekoerse afwaarts te dwing na gelang van die volhoubaarheid daarvan. Wanneer ooreengekome doelwitte ten opsigte van volhoubaarheid bereik word, is daar vergoeding in terme van laer rentes.

Die tweede les is dat innovasie deel moet bly van die oplossing.

Beperkte openbare fondse – die ­regerings se sakke sal nooit diep genoeg wees nie – moet nie die ­her­skikking kortwiek nie.

Privaat investering is die aangewese, maar gegewe die hoër risiko ­verbonde aan die finansiering van landbou is nuwe denke en gereedskap dringend nodig.

Konvensionele finansiering het grense, veral in ontwikkelende lande. Die staat en die privaat sektor sal moet hande vat in sulke omstandighede, want die grootste groei in die vraag na voedsel sowel as die aanbod sal juis uit ontwikkelende land kom en moet kom.

Innoverende denke is nou nodig, maar sal ook implementeerbare aksie­planne moet lewer om 'n verskil te kan maak.

Die skrywer verwys vervolgens na die samewerking tussen regerings en die privaat sektor in die geval van hernubare energie en stel dit dat landbou dieselfde pad kan loop. Mense hou nie van verandering nie, maar wel van nuwe idees. Die mens doen moeilik afstand van wat hy het, maar hou van nuwe opsies. Verandering deur middel van innovasie is die antwoord.

Derdens berus sukses op samewerking en dit is noodsaaklik dat alle ­betrokkenes aan boord moet wees. Dit is maklik om oplossings uit te wys; die implementering is die uitdaging. Volhoubaarheid is 'n gonswoord van voorkeur, maar niemand is bereid om die prys daarvoor te betaal nie.

Aansporings vir deelnemers in die waardeketting is dus noodsaaklik. Dapper besluite sal nodig wees, soos om meer in balans met die natuur te boer, al verminder dit winsgewendheid. Om te kan oorskakel na ander produksiestelsels wat meer inpas, sal geld kos en daarvoor is innoverende finansiering nodig.

Verbeterde risikobestuur deur onder meer insetfinansiering en die herwinning van weiveld deur bos­indringing te beveg, vra oopkop­denke. Tot datum het konvensionele finansiering dié herskikking grootliks gefaal. Boere moet volgens Jingtao heeltyd aan boord bly.

Die vierde les het veral waarde waar 'n holistiese benadering ten opsigte van volhoubaarheid te dikwels ­oorgesien word.

China is ernstig oor volhoubaarheid, maar doen dit kollektief en oor 'n wye front. Sodoende is daar balans, en inter-komplementariteit is opvallend.

Ongelukkig is die teendeel te veel kere die praktyk in ontwikkelende lande. In Suid-Afrika kry die Nasio­nale Ontwikkelingsplan nou weer nuwe aandag, ten einde gevolg te gee aan die saak wat die meeste knel. Dit is egter nodig dat prioriteite bepaal word en met meetbare ­aksieplanne daar rondom beplan word. Dit sou kortsigtig wees om slegs daarop te fokus om die droogtewa deur die spreekwoordelike drif te kry, sonder om ook werk te maak van die rybaarheid van die pad anderkant dié drif.

In die laaste instansie is die omvang van volhoubaarheid van belang.

Die Chinese het skaal toegevoeg en dit laat werk. Herstrukturering in 'n nadroogtefase sal op groot skaal en bepland aangepak moet word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.66 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 393.01/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 857.90/T UP 1.28% | Brent Crude Oil US$ 87.48/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 930.36/OZ DOWN -0.0062 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.66 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 393.01/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 857.90/T UP 1.28% | Brent Crude Oil US$ 87.48/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 930.36/OZ DOWN -0.0062