Hernude pogings om hepatitis E hok te slaan

Swak sanitasie, higiëne gepak

11 September 2019 | Gesondheid
Ontwikkelingsvennote het Saterdag in Windhoek vergader om die uitwissing van hepatitis E in Namibië 'n verdere hupstoot te gee.

Belangrike rolspelers wat die geleentheid bygewoon het, was die ­Verenigde Nasies (VN) se tak in Namibië, die ­ministerie van gesondheid en ­maatskaplike dienste (MoHSS), die Windhoekse munisipaliteit, Development Workshop Namibia en die Japannese Internasio­nale Samewerkingsagentskap (Jica).

In die lig van Wêreld- Hepatitisdag wat Saterdag gevier is, het dié ­rolspelers in samewerking met ­gemeenskapslede van die Samora Machel- en Moses ­Garoeb-kiesafdelings in die Khomasstreek die Totale Sanitasie-veldtog van stapel gestuur, wat deur gemeenskaps­lede (CLTS) gelei word.

Die veldtog het ten doel om toegang tot veilige sanitasie in informele neder­settings te bevorder.

Sedert die uitbreking van hepatitis E in Desember 2017 is daar 'n toenemende fokus op onvoldoende watervoorsiening en swak sanitasie, wat die ­hoofoorsake van die siekte in informele nedersettings is.

Die veldtog toon Namibië is daaraan toegewy om virale hepatitis in die land te bestry.

Met dié vernuwende benadering word gemeenskapslede in die twee kies­afdelings aangemoedig om met ­ontlasting in die oopte weg te doen.

Die veldtog fokus ook op gedrags­verandering om te verseker ­verbeterings is volhoubaar en strek verder as die voorsiening van toilette.

Volgens 'n verklaring deur die VN se Ontwikkelingsprogram (UNDP) is die CLTS-veldtog ook 'n sneller vir gemeen­skaplike verandering en 'n selfevaluerings­proses waardeur gemeenskappe 'n beter begrip van die siekte en die gevare van ontlasting in die oopte kry.

Dit skep ook 'n groter sin van eienaar­skap van die gemeenskap se welstand.

Intussen het mnr. Ben Nangombe, uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, tydens die veldtog se bekendstelling die behoefte beklemtoon vir gemeenskappe om saam te werk om die siekte uit te wis.

Hy het ook 'n beroep op ­gemeenskappe gedoen om hulle van vandalisme te weerhou.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se verteenwoordiger in Namibië, dr. Charles Sagoe Moses, het gesê goeie sanitasie en higiëne is in stedelike en ­informele nedersettings nodig om ­hepatitis E hok te slaan.

Volgens hom is beter sanitasie 'n basiese mensereg, maar 46% van ­Namibiërs ontlas in die oopte.

Net 54% van die bevolking was hul hande op kritieke tye.

Nangombe het gesê die uitwissing van hepatitis E is noodsaaklik om ­volhoubare ontwikkelingsdoelwitte (SDG's) en ­Universele Gesondheidsdekking teen 2030 te bereik.

Soortgelyk

 

Meegesleurde Okahandja-vrou steeds soek

1 uur gelede |

Elvira Hattingh - Die 42-jarige vrou wat gisteroggend deur die water meegesleur is toe sy en twee ander mense die Okahandjarivier te voet wou oorsteek,...

Hardap kry 19 Mm³ water sedert Maandag

1 uur gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Sedert die afgelope Maandag het die Hardapdam ’n reusehoeveelheid water bygekry, naamlik 19,523 Mm³ (miljoen kubieke meter). Die dam is nou 27,2%...

Nóg twee kietsies kry nekbande

3 ure gelede | Omgewing

Nóg twee swartpootwildekatte is in die vroeë oggendure met nekbande toegerus. Prof. Morgan Hauptfleisch en sy span van die Black-Footed Cat Working Group is tans...

Okahandja-kleinhoewe oorstroom weer

13 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl die polisie gistermiddag bevestig het ‘n vrou is nog soek nadat die Okahandjarivier haar vroeg gisteroggend meegesleur het, was ‘n kleinhoewe-eienaar...

Geingob stil oor kleiner kabinet

13 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Ten spyte van die groot gewag daaroor in sy Oujaarsrede weet Namibiërs nog nie hoe groot pres. Hage Geingob se verkleinde kabinet...

Eerste swartpootwildekat kry nekband

13 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Daar is geskiedenis gemaak toe Namibië se eerste swartpootwildekat vandeesweek met 'n nekband toegerus is. "Om die klein katjies op te spoor,...

Weer vir 27 Februarie 2020

13 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Verspreide donderbuie sal oor die noordelike streke en Omaheke- en Khomasstreek voortduur waar kitsvloede verwag word. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik...

Drie stroop glo renoster in Etosha

13 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Nege verdagtes is verlede week in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary in hegtenis geneem. Vanaf 17 tot 23 Februarie is beslag op...

Droogte: Baie boere wurg nog

13 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Foto’s van vol riviere, opgaardamme waarvan die vlakke styg en panne water langs die pad en in die veld het die afgelope...