Herfs se groot skoonmaak

06 May 2019 | Rubrieke
Wat het julle die Paasnaweek en die afgelope luilekker vakansiedae gemaak?

Ek het verlede keer geskryf oor my planne om na eksotiese plekke te reis. Wel, dit was ongelukkig nog nie sulke tyd nie. Pole, Belarus, Letland, Oekraïne en Rusland sal maar vir eers moet wag.

Ek wil net sê, watch this space, want eendag gaan ek nog die wêreld verken. Ek is bereid om te wag. Hulle sê mos, good things happens to those who wait. Op die oomblik het ek groter probleme gehad wat my aandag geverg het. Julle sal nie raai wat nie? Ek het die langnaweek my woonstel skoongemaak. Ek het die vorige week besef dit is partykeer noodsaaklik om die binnekant van jou huis deur die oë van iemand anders te sien. Jy kyk elke dag in dieselfde goed in jou huis vas.

Jy kom naderhand nie meer agter dat seker items al vir lank nie in hul oorspronklike plek gebêre is nie. Dit is soos om by die see te bly, of naby Tafelberg. Die eerste paar weke is jy bewus van die skoonheid en daarna is die see soos ’n groot dam en Tafelberg is maar net ’n berg.

Ek moes so rukkie terug vinnig my woonstel aan die kant gaan maak en tot die besef gekom dat dit nie net ’n uur of twee se werk gaan wees om alles weer op hul plek te kry nie. Die gaan ’n hele naweek, of kom ons maak dit ’n langnaweek kos om behoorlik orde te skep.

Ek het tot die besef gekom ek gaan moet spring cleaning doen. Ja, my spring cleaning kan nie tot Spring wag nie. Herfs is net so goeie tyd om order in jou lewe te skep. Die lewe raak ’n gejaag en die kleiner dingetjies, soos huis aan die kant maak, bly agterweë. Dit is partykeer makliker om orde in jou persoonlike lewe te skep as in ’n deurmekaar huis. Maar ek het agtergekom ek kan nie reg funksioneer as my huis deurmekaar is nie. Ek probeer by die werk my lessenaar ook aan die kant hou want geen mens kan in ’n deurmekaar omgewing werk nie. Nou probeer ek in ’n deurmekaar omgewing bly.

Ek het tot die slotsom gekom ek is besig om met my eie kop te smokkel om te dink dit is moontlik. Ek moes net die moed bymekaar skraap om te begin. Ek het al geleer as jy begin moet jy nie ophou nie. Die oomblik wat jy ophou dan moet jy eers weer jou kop regkry om weer te begin. Dit is amper soos om op ’n dieet te gaan. So vir diegene wat my die naweek gesoek het, wil ek net jammer sê. As julle my dalk nie in die hande kon kry nie, ek was druk besig gewees. Spring cleaning wag vir niemand nie en is geneig om jou ore aan te sit.

Ek sal eerlik met julle wees. Ek het baie hard probeer om alles op hul plek te kry en orals skoon te maak, maar ek dink ek het nog ’n langnaweek nodig om die finale touches te doen. Gelukkig is die volgende langnaweek eers in Augustus. Geniet die laaste week van die skoolvakansie. Volgende week begin die rat race weer.

Soortgelyk

 

Antjie Krog plaas gewraakte toespraak in konteks

2 ure gelede | Kuns en vermaak

Ronelle Rademeyer - Die veelbekroonde Suid-Afrikaanse digter, skrywer en akademikus, Antjie Krog, het in ’n radio-onderhoud die konteks verskaf vir ’n toespraak deur haar wat...

Hep E: 28 gevalle 'n dag

15 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtByna 30 nuwe gevalle van hepatitis E is in die laaste week van Julie daagliks oraloor die land aangeteken. Die siekte het boonop die...

Kaalkiekies saai amok aanlyn

15 ure gelede | Misdaad

Denver KistingSo onlangs soos gisteroggend moes die stadspolisie in Windhoek hulle na 'n toneel haas nadat 'n vrou haar lewe probeer neem het weens gelekte...

Die weer vir 8 Augustus 2019

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en koud tot matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig...

Ministerie steek stokkie voor mossel-oes

15 ure gelede | Ministeries

Erwin LeuschnerDie minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, het gister die oes van witmossels vir kommersiële gebruik verbied. Hy het dit by...

Ma hoop seuntjie leef nog ná 22 jaar ...

15 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Meer as 22 jaar ná ’n negejarige seuntjie van die Kaapse Vlakte van sy ouerhuis verdwyn het, hoop sy ma hy lewe...

Dubbele moordenaar kry vyfde prokureur

15 ure gelede | Howe

font face="Verdana">Die man wat Dinsdag in die Windhoekse hoërhof skuldig bevind is aan die moord op twee vroue in Januarie 2016 het gister sy vyfde...

Bekendes belê groot in gasvryheidsbedryf

15 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Die gewildheid van die drie Stellenbosch-restaurante in die Bougainvillea-sentrum in Klein Windhoek – The Stellenbosch Wine Bar, Tasting Room en Market –...

Polisie sing Kalahariwoestyn-lofliedere

15 ure gelede | Polisie

Denver Kisting Sedert die polisie verlede jaar met ander owerhede begin kragte saamsnoer het om misdaad te bestry, het misdaadbedrywighede met nagenoeg 9% afgeneem.So sê...