Hepatitis E-syfer steek die 4 000-kerf verby

Swak geriewe, higiëne te blameer

12 December 2018 | Gesondheid
Henriette Lamprecht



Die getal hepatitis E-gevalle landswyd is reeds meer as 4 000.

Op 25 November het die aantal gevalle wat in sewe streke oraloor die land aangemeld is, reeds op 3 973 gestaan.

Dié siekte het reeds die lewens van 34 mense geëis, waarvan 16 swanger vroue was.

Die uitslae van 634 moontlike gevalle van hepatitis E moet nog ­bevestig word.

Volgens 'n verklaring van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) is die meeste gevalle, naamlik 2 748, in Windhoek in die Khomasstreek aangemeld.

In die Erongostreek (Omaruru, Swakopmund, Usakos en Walvisbaai) staan die gevalle op 879, gevolg deur Okahao, Oshikuku, Outapi en Tsandi in die Omusatistreek met 142 gevalle.

Hoewel die uitbreking vir die eerste keer verlede jaar in November in Windhoek in die Khomasstreek aangemeld is, het die siekte intussen na nóg ses streke versprei, wat Oshana, Ohangwena, Oshikoto en Kavango-Oos insluit.



REISENDE SIEKES VERSPREI SIEKTE

Meer as 80% van die gevalle word met die Havana- en Goreangab- informele nedersettings in Windhoek verbind, waar inwoners wat die siekte reeds onder lede gehad het, hierheen gereis het. Havana en Goreangab is gesamentlik die siekte se episentrum.

Volgens die ministerie is die grootste dryfvere vir die verspreiding van die siekte ontlasting in die oopte, sowel as swak sanitasie en higiëne-praktyke.

Vorige epidemiologiese studies het gewys die areas in die geraakte informele nedersettings met onvoldoende infrastruktuur vir water en sanitasie (bv. kommunale krane en ­openbare toilette) is die swaarste deur die ­uitbreking getref.

Laasgenoemde toestande is ook van toepassing en soortgelyk aan die DRC- informele nedersetting op ­Swakopmund.

In 'n poging om die siekte hok te slaan, werk die ministerie nou saam met die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en –voorkoming.

Ten spyte van dié gesamentlike pogings en die voortgesette implementering van beheermaatreëls sê die ministerie nuwe gevalle word op 'n weeklikse basis aangemeld.

“Daar is 'n behoefte om die kennis, ingesteldheid en praktyke van die geraakte gemeenskappe wat hepatitis E betref, te verstaan in 'n poging om die implementering van gepaste ingrypings te rig,” lui die verklaring.

'n Span van 13 dataversamelaars, ses toesighouers op grondvlak en drie drywers sal na verwagting oor 'n tydperk van nege dae sowat 640 huishoudings in Havana en Goreangab besoek om dié inwoners se praktyke en kennis oor die siekte te ondersoek.



OPNAMEVORM

Die span neem 'n toestemmings- en opnamevorm saam, wat in drie plaas­like tale (Oshiwambo, Otjiherero en Afrikaans) beskikbaar is om moont­like taalstruikelblokke te oorbrug.

Die studie se bevindinge sal op 'n gepaste forum aan die publiek ­oorgedra word.

Die ministerie het 'n beroep op die publiek gedoen om seker te maak veilige drinkwater, geriewe vir hande­was met seep en lopende water, en voldoende toiletgeriewe is by openbare byeenkomste beskikbaar.

Soortgelyk

 

Afrika-lied kom tuis in Namib

14 ure gelede | Kuns en vermaak

Elvira Hattingh - Die Duits-Namibiese kunstenaar Max Siedentopf het wêreldwyd opslae gemaak met ‘n kunsinstallasie in die Namib wat Toto se bekende liedjie “Africa” oor...

CoW verloor ronde teen baas

14 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die geskorste uitvoerende hoof van die Windhoekse stadsraad (CoW), mnr. Robert Kahimise, het 'n ronde teen sy werkgewer gewen.CoW sal waarskynlik binne...

Sowat 7 000 skeepspassasiers sak op Walvis toe

14 ure gelede | Toerisme

Geskiedenis is gister gemaak toe vier groot passasierskepe in die Walvisbaai-hawe op anker gelê het en sowat 7 000 internasionale reisigers op die hawedorp toegesak...

Herstel internet, toegang tot sosiale media in Zim

14 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Om mense in Zimbabwe die gebruik van internetdienste te ontneem, is ‘n skending van hul menseregte en benadeel die ekonomie.“Ons raam die...

Weer vir 17 Januarie 2019

14 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie oor die sentrale,...

Jong Namibiër maak biomediese deurbrake

14 ure gelede | Gesondheid

Denver Kisting - Sy twee jonger sibbe se worsteling as kinders met asma het ’n jong Namibiese ingenieur aangespoor om ’n toestel te ontwerp wat...

Lui-lui telefoon

14 ure gelede | Tegnologie

Telecom Namibia se landlyne in Windhoek was sedert Dinsdag buite werking. Mnr. Oiva Angula, Telecom Namibia se hoof van korporatiewe kommunikaise en openbare skakelwese, het...

Gedenkdiens gehou vir slagoffers van ongeluk

14 ure gelede | Plaaslik

’n Gedenkdiens vir ses van die sewe slagoffers wat onherkenbaar verbrand is tydens die ongeluk op 10 Augustus 2018, is Dinsdag op Otjiwarongo gehou. Die...

Meer as N$2 miljoen se stukkende verkeersligte

14 ure gelede | Regering

Die hoofstad se munisipaliteit het in 2018 meer as N$2 miljoen bestee om stukkende verkeersligte te herstel nadat dit in padongelukke beskadig is.Mnr. Harold Akwenye,...