Hepatitis E: Plakkers voel magteloos

18 January 2018 | Gesondheid
Maria Eiseb



Inwoners van informele woonbuurte leef tussen vullis en voel hulle het nie die opsie om die siektes vry te spring wat dit kan veroorsaak nie.

Republikein het gaan ondersoek instel na die omstandighede wat dié Namibiërs moet trotseer.

Mnr. Erik Gaweseb woon al die afgelope 10 jaar in die Okahandjapark-nedersetting en sê hy het oor die radio van hepatitis E gehoor.

Hy probeer van die vullis af wegbly, maar dit is onmoontlik, sê hy.

Toiletgeriewe by dié nedersetting is nie van goeie gehalte of altyd in 'n werkende toestand nie, en daar is geen pype om riool of vullis af te voer nie, sê hy.

“Die mense maak ook nie behoorlike gate as hulle 'n toilet bou nie. Hulle gebruik die water en alles hardloop vrylik in ander mense se huise in.”

'n Ander inwoner, me. Justine Balie, kla oor 'n “gevaarlike rommelhoop” wat glo in die verlede in haar woonbuurt gemaak is. Mense het hul swart sakke vol vullis eenvoudig op 'n hoop gegooi, sê sy.

“My bure se kindertjies het in een van dié sakke gekrap en op 'n blikkie grondbone afgekom wat hulle geëet het. Hulle het baie siek geword,” sê

sy

Toilette word op enige plek gebou en dit veroorsaak glo groot twis onder inwoners, sê sy.

Balie sê danksy die radio is inwoners bewus van siektes wat dié onhigiëniese toestande kan veroorsaak, maar hulle het nie 'n manier om daarvan ontslae te raak nie.

“Ek hoor elke dag van hepatitis E, maar ons hande is afgekap,” sê sy.

“Kinders kan nie heeldag dopgehou word nie. Hulle is geneig om uit die huis te glip, en as jy weer sien, het hulle iets opgetel en geëet. Dan sit jy as ouer met die probleem as die kind siek word,” sê sy.

Mnr. Alfred !Auxab sê hy het in dié woonbuurt grootgeword.

“Die mense maak broek los in plastieksakke en smyt dit in jou jaart. Hoe sal ons en die arme kinders gesond leef?” vra hy.

Mnr. Raphael Siwawa, nog 'n inwoner, bevestig dat inwoners van hepatitis E bewus is, maar dat hulle magteloos daarteen voel.

Soortgelyk

 

Studie-debakel vir Namibiërs in Zambië

1 dag gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste is deur die Namibiese hoë kommissariaat in Zambië gewaarsku dat twee universiteite in dié buurland waar 91 Namibiese...

Meatco heroorweeg BTW-besluit

1 dag gelede | Landbou

Nuus van Meatco se herinstelling van die betaling van 15% BTW (belasting op toegevoegde waarde) op alle beestransaksies by die abattoir, is deur die NLU...

Slaggate teen einde Julie herstel

1 dag gelede | Infrastruktuur

Die munisipaliteit van Windhoek verwag dat alle slaggate van die hoofstad se paaie teen einde Julie herstel sal wees. Die woordvoerder van die munisipaliteit, me....

Onderwyseres ‘ontvoer’ skoolmeisie glo vir seks

2 dae gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ’n Onderwyseres van ’n hoërskool in die Suide het gister in die hof verskyn op aanklagte dat sy glo ’n skoolmeisie ontvoer...

Sokkerkoors loop hoog!

2 dae gelede | In beeld

Die opening van 2018 se Wêreldbekersokkertoernooi het gister by die Luzhniki-stadion in Moskou plaasgevind. Nagenoeg 80 000 sokkerliefhebbers het die seremonie bygewoon en die immerbekende...

Vakbond, regering stamp kop oor huishulpe

2 dae gelede | Arbeid

Augetto Graig – Die permanente sekretaris in die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, mnr. Bro-Matthew Shinguadja, sê daar steek geen waarheid in die Namibiese...

Vaarwel aan Daantjie Louw

2 dae gelede | Mense

Tielman van Lill - “Stil, broers, daar gaan ‘n man verby, hy groet, en dis verlaas . . . ”Só is die woorde van die...

Netumbo by slenters betrek

2 dae gelede | Ministeries

Denver Kisting – Slenters doen tans die ronde waarby die adjunk- eerste minister en die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, betrek...

Weer vir 15 Junie 2018

2 dae gelede | Weer

WEERWAAK: ‘n Koue front en buie word in die ||Kharasstreek en suidelik kus verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en koud tot matig in die Suide met enkele...