Hepatitis E nou ook op Rehoboth
Hepatitis E nou ook op Rehoboth

Hepatitis E nou ook op Rehoboth

Die Rehoboth-dorpsraad het inwoners gemaan om te alle tye persoonlike higiëne te handhaaf.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die hepatitis E-uitbreking wat in 12 landstreke woed en reeds die lewe van 41 mense geëis het en van wie die meeste swanger vroue was, het nou ook sy verskyning op Rehoboth gemaak.

Agt bevestigde gevalle is volgens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) reeds op die dorp aangeteken. Die eerste geval is op 23 Mei op Rehoboth aangeteken waarna dit in ’n kwessie van drie weke tot die huidige agt gestyg het.

Die landswye uitbreking woed reeds vir 21 maande nadat die eerste gevalle in September 2017 in Windhoek aangeteken is. Die Khomasstreek het die hoogste persentasie vir die voorkoms van die siekte, gevolg deur die Erongostreek. Volgens ’n studie deur MoHSS is die ouderdomme van inwoners wat die meeste met die siekte gediagnoseer is, in die kategorie 20 tot 29 jaar, gevolg deur inwoners tussen die ouderdomme van 30 tot 39 jaar.

‘n Uitbreking van hepatitis E is op 14 Desember 2017 verklaar en het teen April verlede jaar van Windhoek af na ander streke soos Erongo, Kavango, Ohangwena, Omusati, Oshana en Oshikoto versprei.

Die gevalle het meestal in informele nedersettings soos Havana en Goreangab by Windhoek, DRC by Swakopmund en soortgelyke gebiede in ander streke voorgekom, waar toegang tot veilige water, sanitasie en higiëne beperk is.

Die meeste gevalle uit gebiede wat minder geraak is, behels inwoners wat na die bogenoemde nedersettings in Windhoek of Swakopmund gereis het.

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het vroeër gesê Namibië is een van net drie lande ter wêreld waar 'n hepatitis E-uitbreking woed en die siekte voorkom. Die ander lande waarin die siekte voorkom, is volgens Shangula die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Suid-Soedan.

Die Rehoboth-dorpsraad het intussen inwoners gemaan om altyd hul hande te was nadat hulle die toilet gebruik het, asook voor die voorbereiding en eet van maaltye.

Swanger vroue wat ’n groot risiko loop om die siekte op te doen, kan by die klinieke op die dorp gaan aanklop om vir die siekte getoets te word. ’n Beroep is ook op inwoners gedoen om altyd seep en skoon, lopende water te gebruik wanneer hulle hul hande was. Sou inwoners simptome van geelsug, koors, moegheid, gebrek aan eetlus, naarheid, braking, lyfseer en donker urine hê, moet hulle onmiddellik by die naaste kliniek aanmeld. Vir navrae kan die dorpsraad se gesondheidsafdeling by (062) 521 800 gekontak word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!