Hepatitis E neem toe
Hepatitis E neem toe

Hepatitis E neem toe

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die aantal hepatitis E-gevalle landswyd het die afgelope twee weke verdubbel.

Vir die tydperk tussen 3 en 16 Junie is 113 gevalle van hepatitis E landswyd aangemeld teenoor 56 in die vorige twee weke.

Tot dusver is 5 423 gevalle en 45 sterftes landswyd aangeteken.

Altesaam 20 van die sterftes was swanger vroue.

Die meerderheid van die gevalle is in die Khomasstreek aangemeld, wat 60 gevalle (61%) behels, gevolg deur Hardap met 19 gevalle (16%), 17 in Erongo (15%), 8 in Omusati (7%) en 6 in Omaheke (5%).

Een geval is onderskeidelik in die Oshana-, Ohangwena- en Kavangostreek elk aangemeld.

Volgens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) werk die nasionale noodbestuurkomitee vir gesondheid nou saam met onder meer die Windhoekse munisipaliteit (CoW) en die ministerie van inligting, kommunikasie en tegnologie om bewusmaking van voorkomingsmatreëls teen die siekte te bevorder.

MoHSS het op 14 Desember 2017 ‘n uitbreking van die siekte in Windhoek in die Khomasstreek verklaar.

Die uitbreking het in April verlede jaar ook na ander streke in die land versprei, met gevalle wat nou ook in die Erongo-, Kavango-, Ohangwena-, Omusati-, Oshana-, Oshikoto-, Omaheke- en Hardapstreek voorkom.

Die gevalle kom meestal uit informele nedersettings soos Havana en Goreangab in Windhoek en DRC op Swakopmund, sowel as uit soortgelyke omstandighede in ander streke waar toegang tot veilige water, sanitasie en higiëne beperk is.

In streke wat minder deur die uitbreking geraak word, lyk dit of die gevalle na die genoemde informele nedersettings in Windhoek of Swakopmund gereis het.

Buiten die nege streke wat geraak word, is ses sporadiese gevalle sedert laas jaar in die Khorixas-distrik in die Kunenestreek en vyf sporadiese gevalle op Lüderitz in die ||Kharasstreek aangemeld.

In die vier distrikte in die Otjozondjupastreek is 11 sporadiese bevestigde gevalle aangemeld.

Die meeste van die hepatitis E-gevalle behels mense tussen 20 en 29 jaar oud, of tussen 30 en 39.

Die siekte raak meer mans as vroue.

Volgens die MoHSS is daar ook meer hepatitis A-gevalle in die Omusatistreek met 37 gevalle wat tot dusver aangemeld is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!