Hepatitis E: Meer as 3 000 mense siek
Hepatitis E: Meer as 3 000 mense siek

Hepatitis E: Meer as 3 000 mense siek

Mense wat troues, begrafnisse en skoue bywoon, moet seker maak die water wat hulle drink, is skoon.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die afgelope 10 maande is byna 10 Namibiërs ’n dag met hepatitis E gediagnoseer.

Minstens twee Namibiërs per maand het aan dié siekte gesterf.

Tussen Oktober verlede jaar en 21 Augustus vanjaar is 3 009 gevalle van hepatitis E in Namibië aangeteken.

Die sterftesyfer staan op 24, waarvan 20 in die Khomasstreek was.

Die Khomasstreek het ook die hoogste voorkoms van die siekte met 2 232 aangetekende gevalle.

Uit die 3 009 gevalle is 462 deur middel van laboratoriumtoetse bevestig.

Altesaam 10 swanger vroue het hieraan gesterf – wat sowat die helfte van alle aangetekende sterftes is.

Die permanente sekretaris van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, sê in ’n verklaring die tweede meeste moontlike gevalle is in die Erongostreek aangemeld.

Volgens hom is 201 van dié moontlik 445 gevalle op Swakopmund deur middel van laboratoriumtoetse as hepatitis E bevestig.

Een swanger vrou het op die kusdorp aan die siekte gesterf.

Die ander streke wat gevalle van die siekte aangemeld het, sluit in Omusati met 163 gevalle en twee sterftes; Oshana met 52 gevalle; Ohangwena met 42 gevalle; 32 gevalle in Oshikoto; 23 in Kavango-Oos; 10 in Hardap; 5 in die Otjozondjupa- en 5 in die Omahekestreek.

Hepatitis E word hoofsaaklik oorgedra deur middel van kontak met drinkwater wat met ontlasting besmet is. Risikofaktore hou verband met swak sanitasie en water met menslike ontlasting, wat met die siekte besmet is, wat as drinkwater gebruik word.

Hoërisikogroepe sluit in kinders onder die ouderdom van vyf jaar, bejaardes bo 65, swanger vroue, en mense met onderliggende chroniese toestande of 'n verswakte immuunstelsel.

Volgens Nangombe het die ministerie 'n veelvlakkige benadering tot die siekte wat ondersteuning van plaaslike owerhede, streeksrade, lynministeries en nieregeringsorganisasies insluit om dit te beheer en sterftes te beperk.

In dié verband is drinkwater en sanitasiegeriewe in informele nedersettings soos Havana en Goreangab in Windhoek voorsien.

Nangombe sê 'n span gesondheidswerkers is ontplooi om bewustheid oor die voorkoming van die siekte in die geraakte gebiede te bevorder.

Afgesien van goeie higiëne is dit belangrik dat veilige drinkwater beskikbaar is waar baie mense byeenkom, soos by troues, begrafnisse en handelskoue.

"Organiseerders moet verseker veilige drinkwater, lopende water vir hande was, en voldoende sanitasiegeriewe mét handewasgeriewe word verskaf. Kos moet ook bedek word om die risiko van besmetting te verminder," het Nangombe gesê.

Lede van die publiek word ook aangeraai om by bogenoemde geleenthede nie met mekaar hand te skud nie, sodat kontak met moontlike besmette mense vermy word, het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!