Hepatitis E-gevalle neem steeds toe
Hepatitis E-gevalle neem steeds toe

Hepatitis E-gevalle neem steeds toe

Covid-19 ervaring gee hupstoot in epidemie-stryd
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith

Hoewel geen nuwe Covid-19 gevalle vir meer as 30 dae in Namibië aangemeld is nie, is die voorkoms van hepatitis E steeds besig om skerp toe te neem.

Ongeveer 600 nuwe gevalle is sedert Januarie aangemeld. Die getal het van 7 000 gevalle begin-Januarie tot 7 642 gevalle teen 19 April gestyg.

Hierdie gegewens is afkomstig uit die nuutste verslag rakende die uitgerekte uitbreking wat sedert einde 2017 in die land ondervind word.

Die armste landsburgers wat in informele nedersettings woon en dikwels nie toegang tot basiese fasiliteite soos water en spoeltoilette het nie, is die mees kwesbare slagoffers van die landswye uitbreking.

Die getal hepatitis E-verwante sterftes wat sedert die uitbreking aangemeld is, staan sedert Maart vanjaar op 65. Ses mense is sedert Januarie aan die siekte dood. Van die 65 sterftes was 26 ma's of swanger vroue.

Die infeksiesyfer in die Khomasstreek het sedert Januarie vanjaar met 307 gevalle toegeneem, van 4 422 tot 4 729.

In die Erongostreek, wat die tweede hardste getref is, het die infeksiesyfer van 1 563 in Januarie vanjaar tot 1 631 gevalle teen 19 April toegeneem.

Volgens die nuutste verslag is 55 hepatitis E-gevalle landswyd tussen 6 en 19 April aangemeld. In die voorafgaande twee weke (23 Maart tot 5 April) is 79 gevalle aangemeld.

Uit die totale aantal infeksies was die meerderheid (59%) onder mans en 72% van die geïnfekteerdes was tussen 20 en 39 jaar oud.

BLY PRO-AKTIEF

Die landswye reaksie om Covid-19 hok te slaan, het 'n positiewe impak gehad op die pogings om hepatitis E te bekamp.

Private instansies en regeringsinisiatiewe het toegang tot veilige waterbronne 'n aansienlike hupstoot gegee. Toegang tot handwasgeriewe en sanitasie-fasiliteite in informele nedersettings het sedert Maart vanjaar toegeneem.

Dr. Bernard Haufiku, gewese minister van gesondheid en maatskaplike dienste, sê die nasionale optrede om Covid-19 te bekamp, het 'n positiewe invloed op die pogings teen hepatitis E gehad.

Hy het daarop klem gelê dat die stryd teen die coronavirus nog lank nie verby is nie, terwyl pogings om hepatitis E in Namibië uit te wis, proaktief benader moet word.

Die nasionale reaksie teen Covid-19 werk wel in die guns van die stryd teen hepatitis E, maar dit beteken nie laasgenoemde sal makliker word sodra die gevaar van Covid-19 verby is nie, het Haufiku gewaarsku.

Hy het beklemtoon dat die spoedige reaksie van private en regeringsinstansies as 'n positiewe aanduider dien van wat moontlik is wanneer dié twee sektore hande vat.

SANITASIE EN HIGIëNE

In 'n verslag oor die landswye uitbreking wat die sentrum vir siektebeheer en voorkoming (CDC) in April uitgereik het, word aangedui dat volgens die regering se skattings ongeveer 40% van huishoudings in stedelike areas geleë is in informele nedersettings “met minimale infrastruktuur, beperkte toegang tot ablusiegeriewe en lopende water, asook swak higiëne”.

Die CDC-verslag lê klem daarop dat “verbeterde handwaspatrone en sanitasiegebruike, asook toegang tot veilige waterbronne nodig is om die oordrag van hepatitis E te onderbreek, veral aangesien die sterfterisiko soveel hoër vir swanger vroue is.”

Gemeenskapsgedrewe sanitasieprogramme (CLTS) is geïmplementeer as een van die kernaspekte in die poging om die hepatitis E-epidemie in Namibië te bekamp.

Die Development Workshop of Namibia (DWN) het verlede jaar 'n sleutelrol in die stryd teen hepatitis E gespeel.

Met die hulp van vennote en donateurs het hulle saam met gemeen­skappe gewerk om ablusiegeriewe op te rig en CLTS-programme te implementeer in Windhoek se informele nedersettings.

Met die aanvang van die coronavirus in Namibië het die DWN, met behulp van vennote en skenkers, 'n Covid-19 noodplan van stapel gestuur.

Tot op hede het “tippy tap”-spanne in Windhoek 10 000 handwaspunte opgerig – halfpad na hul mikpunt van 20 000.

Nadat die program uitgebrei is, is nog 10 000 “tippy taps” in ander dorpe oor Namibië deur DWN-werkers en 60 vrywilligers opgerig.

Meer as 25 000 gesinne en ongeveer 75 000 individue is van sulke “tippy taps” afhanklik.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.04 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 323.82/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.39% | Zinc US$ 2 869.60/T UP 2.25% | Brent Crude Oil US$ 87.28/BBP DOWN -0.0082 | Platinum US$ 901.07/OZ DOWN -0.0012 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.04 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 323.82/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.39% | Zinc US$ 2 869.60/T UP 2.25% | Brent Crude Oil US$ 87.28/BBP DOWN -0.0082 | Platinum US$ 901.07/OZ DOWN -0.0012