Hepatitis E eis 40 lewens
Hepatitis E eis 40 lewens

Hepatitis E eis 40 lewens

Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith - Veertig mense, onder wie 17 swanger vroue en vroue wat onlangs geboorte geskenk het, is dood weens hepatitis E-uitbrekings waarvan die eerste in September 2017 was.

Statistiek tot 20 Januarie soos bekend gemaak deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste toon 4 318 bykomende gevalle is in die meeste van die landstreke aangemeld.

Teen 2 Desember 2018 is 4 009 gevalle gerapporteer, asook 34 sterfgevalle waarvan 16 moedersterftes.

Die Khomasstreek se informele nedersettings sonder dienste word steeds die ergste deur die uitbreking geraak. ‘n Bykomende 2 962 gevalle is daar aangemeld, gevolg deur die Erongostreek met 918 gevalle, Omusati met 174 en Oshana met 80.

In Ohangwena is 60 gevalle bygewerk, gevolg deur 50 gevalle in die Oshikotostreek en 39 in die twee Kavangostreke.

In die streke Otjozondjupa, Kunene, Omaheke en Hardap is 34 gevalle aangemeld.

In die Khomasstreek is 30 van die 40 aangemeld, met vier in die Erongo, en twee elk in Omusati, Ohangwena en Oshana.

In ‘n onlangse bulletin van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) oor uitbrekings en ander noodgevalle, word gesê die “algemene koers is aan die afneem”, gebaseer op die statistiek van 6 Januarie.

Die ministerie het egter gemaan hoewel nuwe infekterings wel minder is, moet mens steeds waaksaam wees aangesien die inkubasietydperk tussen twee en tien weke is. “Mense kon weke terug geïnfekteer gewees het, maar toon dalk steeds nie simptome van die siekte nie.” ‘n Gesondheidbeampte het gesê desnieteenstaande word minder gevalle wel aangemeld.

Die Windhoek-munisipaliteit het laas week ‘n voorlegging gedoen oor toestande in die stad se meer as 80 informele nedersettings wat volgens internasionale standaarde as krotbuurte geklassifeer word. Daarvolgens leef 131 000 Windhoekers sonder voldoende water en sanitasie, asook ander basiese dienste en regte.

Ontlasting in die veld kom algemeen voor, het beamptes gesê. “Die rioolstelsel raak onklaar weens druk, vandalisme en onwettige stortings.” Derhalwe loop riool oor in die rivierstelsel, wat ‘n erge gesondheidsrisiko vir inwoners van informele nedersettings inhou.

Namibian Sun het in Desember berig die omvang van die hepatitis E-uitbreking in Namibië is uniek, volgens die Sentrum vir Siektebeheer- en Voorkoming (CDC).

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!