Hepatitis E: 5 711 gevalle, 48 sterftes

Khomas steeds meeste geraak

30 July 2019 | Ministeries
Henriette Lamprecht



Meer as 150 gevalle van hepatitis E is in die eerste twee weke van Julie in Namibië aangeteken.

Die 155 gevalle vir die tydperk wat op 14 Julie geëindig het, is aansienlik hoër as die 113 gevalle in die twee weke wat dit voorafgegaan het.

Die meerderheid gevalle, naamlik 89, is weer in die Khomasstreek ­aangemeld, gevolg deur 22 in die Erongostreek.

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) het op 14 Desember 2017 'n uitbreking in Windhoek verklaar.

Dit het later na die res van die land versprei en teen April 2018 het gevalle ook in ander streke, insluitende Erongo, Kavango, Ohangwena, Omusati, Oshana, Oshikoto, Omaheke en Hardap voorgekom.

Gevalle van die siekte word steeds meestal in informele nedersettings soos Havana en Gorean­gab in Windhoek, DRC op Swakopmund en soort­gelyke omgewings gevind waar toegang tot skoon water, sanitasie en higiëne beperk is.

Die meeste van die gevalle in streke wat die minste deur die siekte geraak word, het 'n geskiedenis van mense wat uit Havana, Goreangab en DRC na ander streke in die land gereis het.



SPORADIESE GEVALLE

Buiten die nege streke wat die swaarste deur die uitbreking getref is, is spora­diese gevalle ook in die Khori­xas-­distrik in die Kunene­streek (6), ­Lüderitz in die ||Kharas­streek (5) en die Okahandja-distrik in die Otjozondjupastreek (14) aangemeld.

Tot 14 Julie vanjaar is 'n totaal van 5 711 gevalle landswyd aangemeld.

Die meeste van die gevalle kom steeds in die Khomasstreek voor waar 3 678 (64%) ­bevestigde gevalle aangemeld is. Dit word gevolg deur die Erongostreek met 1 322 (23%) gevalle.

Die oorblywende streke is verantwoordelik vir 711 (12%) van die ­aangemelde gevalle. Tot dusver het 48 mense aan die siekte gesterf. Hiervan was 21 (44%) swanger vroue.

Die meerderheid gevalle (73%) is 20 tot 29 jaar oud (39%), gevolg deur inwoners tussen 30 en 39 jaar (34%). Die laagste voorkoms van die siekte is by kinders onder 'n jaar.

Meer mans as vroue word deur hepatitis E in Namibië geraak.

Volgens MoHSS het die Omusatistreek ook 'n toename in die aantal hepatitis E-gevalle getoon, met 51 gevalle van die siekte wat hier aangemeld is. Al die ander streke buiten Kavango en Kunene het sedert 2018 en tot op hede 46 sporadiese gevalle aangemeld.

Met verwysing na struikelblokke om die siekte te probeer hokslaan, sê MoHSS een van die uitdagings in die Oshanastreek is die gebrek aan ruimte om toilette en ­puttoilette in sommige informele nedersettings op te rig.

In die Khomasstreek blyk die grootste uitdaging gemeenskappe se gebrek aan eienaarskap vir water- en sanitasie­geriewe te wees.

In die Erongostreek is die gebrek aan vrywilligers vir veldwerk 'n kopseer.

[email protected]

Soortgelyk

 

Geingob: Kabinet sien mense se woede oor kurrupsie

2 dae gelede | Regering

Pres. Hage Geingob het vanoggend vanjaar se die laaste kabinetsvergadering gelei.Hy sê die land se topleierskap is bewus van die huidige korrupsiestorm in die visbedryf,...

Von Bach, Daan Viljoen kry water

2 dae gelede | Omgewing

Die Von Bachdam is nou 2,5% voller as Maandag. Teen 09:00 vanoggend het 3,4 m³ water die dam elke sekonde binnegevloei. NamWater het pas ’n...

NHE to build houses in informal settlement

2 dae gelede | Infrastruktuur

The National Housing Enterprise (NHE) has embarked on a pilot study for the construction of houses for qualified land owners living in informal settlements.Speaking at...

Crafting a future

2 dae gelede | Mense

Elizabeth JosephFrancois Wahl studied B.Acc at Stellenbosch University and is a qualified chartered accountant. Since taking the seat as the CEO of Nictus Furnishers, he...

Oordragplanne van Hatuikulipi’s gefnuik

2 dae gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het gistermiddag by die aktekantoor in Windhoek beslag gelê op dokumente vir die oordrag van 15 deeltiteleenhede op Swakopmund...

Waarskuwing: Swaar storms tot Saterdag

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl ’n vrou van Otjiwarongo Woensdag gesterf het toe reënwater haar meegesleur het, waarsku die Namibiese weerkantoor nog swaar storms kan tot...

Highly mechanised

2 dae gelede | Mense

Justicia Shipena Vivacious Marco Swart is a mechanical technician in the packaging engineering department at Namibia Breweries Limited (NBL) - a subsidiary of the Ohlthaver...

Compassion is the new fashion

2 dae gelede | Mense

Evany van WykMarizelle Pienaar lives by the motto, “the more you have to do, the more you get done.” She believes in being a balanced...

Never say never

2 dae gelede | Mense

Mariselle StofbergHester Uushona is a firm believer that being average in life is not an option. She strives towards making her mark while providing others...