Henties-visvereniging wil uitbrei

Begroting van N$7 miljoen goedgekeur

12 January 2018 | Ministeries
Die Hanganeni-vereniging vir bestaansvissers (Hafa) op Hentiesbaai beplan om sy aktiwiteite vanjaar uit te brei.

Hulle besit tans ‘n viswinkel waar hulle die vangste verkoop wat deur lede van die vereniging ingebring word. Lede van die vereniging betaal ‘n maandelikse fooi van N$10.

‘n Direkteur van die vereniging, mnr. Herman /Honeb, het aan Nampa gesê hul eerste begroting ooit, van N$7 miljoen, is goedgekeur.

Die geld sal die vereniging in staat stel om waarde toe te voeg soos die skoonmaak en rook van vis, asook om vis vir kliënte in mootjies op te sny.

Die vereniging beplan om ‘n restaurant op die been te bring en in toerisme te belê.

/Honeb sê die plan is om van die Hafa-sentrum ‘n eenstopsentrum te maak.

Hy sê ook die geld waaroor die vereniging nou beskik, beteken hulle is aanspreeklik, in teenstelling met ander jare toe die vereniging ‘n organisasie sonder winsbejag, sónder die regering se ondersteuning was.

“Ons sal probeer om sake te doen sodat ons ten minste ons koste kan verhaal - selfs al maak ons nie wins nie,” het hy gesê.

/Honeb sê die ministerie van visserye en mariene hulpbronne, as Hafa se beskermheer, was beïndruk met die voltooiing van die vereniging se eerste geouditeerde verslag verlede jaar. Die verslag dateer terug tot 2011. Dit het daartoe gelei dat die ministerie hul begroting goedgekeur het.

Hy het verduidelik die vereniging is nie geoudit sedert 2008, toe dit tot stand gekom het nie.

“Toe ek in 2014 aangesluit het, het ek besluit om die ouditeursverslag te voltooi, waarin ons skoon uitgekom het. Ons was so bly,” sê /Honeb.

Die vereniging sal nou ‘n gekwalifiseerde boekhouer en bykomende personeel aanstel om die beplande sake-aktiwiteite te behartig.

Hafa het tans 13 personeellede en 100 vissermanne as lede, van wie die meeste vroue is.

“My fokus sal goeie bestuur wees. Dit is hoekom ons ‘n prestasie-ooreenkoms met die ministerie gesluit het.”

Die vereniging is deur die ministerie van visserye en mariene hulpbronne en vennote soos die Hentiesbaai-munisipaliteit tot stand gebring om tradisionele hengel in Namibië, tot voordeel van Hentiesbaai se minderbevoorregte inwoners, te ontwikkel en te ondersteun.

Hulle verwag ook om in die toekoms komplementerende geriewe vir hengel- en ekotoerisme-aktiwiteite tot stand te bring. - Nampa

Soortgelyk

 

Resessie klou verbete

7 ure gelede | Regering

Jo-Maré DuddyMet groei van -0,8% in die derde kwartaal het Namibië sy taaiste drie maande nóg vanjaar beleef en sit die twee swaargewigte wat die...

Meteoorreën bereik sy piek

7 ure gelede | Weer

Elvira HattinghNamibiërs kan uitsien na die Geminides-meteoorreën wat vanaand sy piek bereik.Sowat 100 verskietende sterre sal per uur gesien kan word – mits jy op...

Vuurkuns

7 ure gelede | In beeld

Clinton Fisch het hierdie besondere foto geneem deur staalwol aan die brand te steek en dit tussen staaldrade in te druk wat in die rondte...

Weer, Vrydag 14 Desember 2018

7 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooiweer en matig in die suidweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele dondebuie wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Eksamenuitslae Donderdag bekend

7 ure gelede | Onderwys

Die voorlopige uitslae vir graad 10-(JSC) en graad 12-(NSSC)hoërvlakkandidate – voltydse en deeltyds – word eerskomende Donderdag amptelik bekend gemaak. Die uitslae sal op die...

Unam-studente moet meer opdok

7 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die finansiële verknorsing waarin die Universiteit van Namibië (Unam) verkeer, tesame met die algemene ekonomiese vooruitsig vir die land het die universiteitsraad...

1,6 miljoen toeriste kom kuier in 2017

7 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Toerisme het met 2,2% van 2016 af tot verlede jaar gegroei, en 1 608 018 buitelandse toeriste het Namibië in 2017 by...

Standvastig en dapper

7 ure gelede | Mense

Jemima BeukesHuldeblyke stroom in vir die vryheidsveteraan mnr. Petrus Iilonga wat Dinsdagaand op 71-jarige ouderdom gesterf het. Iilonga was 'n voormalige vakbonds­man en politieke gevangene...

Gemeenskap van Okahandja eis antwoorde

7 ure gelede | Regering

Gemeenskapslede van Okahandja het tydens 'n vergadering hul misnoeë met die dorp se huidige bestuur uitgespreek. Mnr. Petrus Gariseb, 'n gemeen­skapsaktivis, het onder andere vir...