Hengelaars roei nie visbronne uit nie
H van Zyl skryf:
Ek wil net graag via die media aangaande berigte en standpunte oor hengelaars ("Visrowers looi kabeljoubron", 13 Februarie 2018, en "'n Bron in gevaar", 14 Februarie 2018) regstel.
1) Eerstens, wette is daar vir elke persoon om te eerbiedig hoe omstrede dit soms mag wees en die feit dat hengelaars kabeljoue by Paaltjies gevang het en huis toe geneem het, was verkeerd.
2) Die indruk wat geskep word dat hengelaars kabeljoue of ander vissoorte uitroei, is onwaar en ek sê dit weens die volgende rede.
Die skole kabeljoue swem jaarliks van die noorde na Sandvishawe om te broei en na die broeityd swem die kabeljoue weer terug na die noorde. In hierdie tydperk moet die vis by Kaapkruis en Pelikaanpunt verby swem, waar duisende robbe is wat daagliks van 4 tot 6 persent van hul eie liggaamsgewig eet. Elke persoon kan sy eie somme maak hoeveel ton vis per dag deur robbe gevreet word.
3) Daar word nooit berig nie dat honderde vissermanne miljoene spandeer tot voordeel van die ekonomie, maar dat daar baie dae is wat geen vis gevang word nie.
In kort, die vis wat hengelaars vang, is 'n druppel in die emmer teenoor dit wat die robbe en bote vang en die regering kan uit die situasie by Paaltjies geld maak en terselfdertyd kabeljoue beskerm.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie