Hengel van die hoek af

14 September 2017 | Visserye
Des Erasmus - Die vistermanne kan ontspan.

Dit lyk of die verouderde, maar nou weer bestaande viswet van 2002 onveranderd gaan bly. Selfs al sou wysigings aan die begin van 2018 intree, hoef drakoniese verhogings in hengellisensiegelde nie gevrees te word nie.

Dit lyk of hengelaars van die hoek gaan loskom nadat die eerste van ‘n reeks raadplegende vergaderings tussen die ministerie en Jan Alleman gister op Hentiesbaai gehou is. Dit het gevolg op ‘n ontploffing in openbare verset met ‘n aankondiging in die Staatskoerant dat hengelpermitte vanaf 1 Augustus vanjaar N$1 500 per maand gaan kos teenoor die vorige N$14 vir so ‘n tydperk. Vir hengelaars sou dit ‘n uitgawe van N$18 000 per jaar meebring om ‘n vissie te gaan vang.

Só hewig was die openbare verset dat die wetswysiging binne 12 dae ná die proklamasie daarvan herroep is. In daardie stadium was ‘n oorweging selfs om die Hentiesfees teen die einde van Augustus af te las as gevolg van die wysigings aan die viswet.

Soortgelyke opvolgvergaderings sal waarskynlik nog in September op Swakopmund, in Windhoek en op Lüderitz gehou word.

Op Hentiesbaai was daar gister algemene waardering toe die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, persoonlik in die gemeenskapsaal opgedaag het. Hy was bygestaan deur senior amptenare. In die gehoor van sowat 150 belanghebbendes was verteenwoordigers van die munisipaliteit, die toerismevereniging van Hentiesbaai en die Namibiese Hengelunie.

Die standpunte van die hengelunie en die toerismevereniging teen die wetswysiging was reeds vroeër aan die ministerie deurgegee.

Op gister se vergadering het die oorsprong van die omstrede wetswysiging van N$1 500 per maand duidelik geword. Dit was blykbaar gegrond op die N$450 000 per maand wat die inspektoraat en verwante dienste die land kos. Om die N$450 000 te genereer, was die gewraakte verhoogde lisensiegelde van N$1 500 per maand geproklameer en toe weer herroep.

Van die belanghebbendes in hengel en toerisme was dit gister eens dat die N$450 000 per maand langs ander weë verhaal moet word met ‘n algemene gevoel dat boetes vir oortredings van die viswet die hoogte moet inskiet. Die instansies is selfs bereid om die inspektoraat by te staan om sodanige oortreders aan die pen te laat ry.

Soortgelyk

 

Hoofman (95) met onwettige velle uit op borgtog

2 ure gelede | Misdaad

Die 95-jarige hoofman van die Mashare-nedersetting wat Maandag in verband met die onwettige besit van wildprodukte in hegtenis geneem is, is Woensdag in die landdroshof...

Renoster naby stad gestroop

15 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg'n Renoster is Vrydag 'n hanetree vanaf Windhoek gestroop en die horings verwyder.Die jongste voorval van renosterstropery is gister deur die skakelhoof van die...

Nuwe era vir Zim

15 ure gelede | Politiek

Estelle de Bruyn en Maria Eiseb - Die einde van 'n era het Dinsdagaand in Zimbabwe aangebreek toe pres. Robert Mugabe kort voor 18:00 bedank...

Lig vir staat se veeartse

15 ure gelede | Ministeries

Die "donker" lot van talle staatsveeartskantore in die land wat vir maande sonder elektrisiteit moes funksioneer, sal glo binnekort iets van die verlede wees. Elvira...

Weer vir 23 November

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en koel tot warm in die //Kharasstreek, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar donderbuie oor die sentrale...

Vonke spat tussen unie en Windhoek-munisipaliteit

15 ure gelede | Arbeid

Maria Eiseb'n Hewige woordewisseling waar die vuiste byna geklap het, het gister tussen die verteenwoordigers van die Metaal- en Verwante Werkersunie van Namibië...

Dippenaar-saak traag uit die blokke

15 ure gelede | Howe

Die moordverhoor van mnr. Jandré Dippenaar (32) sal vanmiddag (Donderdag) om tweeuur in die streekhof op Swakopmund voortgaan nadat dit sedert Dinsdag op versoek van...

Militêre konvooie - geen rede tot paniek

15 ure gelede | Ministeries

Catherine Sasman - Die ministerie van verdediging sê die beweging van militêre konvooie deur Windhoek is om welwillendheidsredes en hou nie met byvoorbeeld die dramatiese...

Eerste lesbiërfees in Windhoek

15 ure gelede | Maatskaplik

Tanja Bause“Ek is twee jaar gelede verkrag deur iemand wat ek vertrou het. Net oor my seksuele voorkeur. Ek is verkrag omdat ek lesbies is,”...