Hengel en wen vir bewaring

Plaaslike besighede, inwoners, lodges en die hengelklub ondersteun die Sikunga-bewaringsgebied om die rivier en sy visse te beskerm.
Tanja Bause
Tanja Bause - Die jaarlikse internasionale Zambezi Classic-hengelkompetisie vind van 28 tot 31 Augustus by die Nwanyi-hengelklub by Katima Mulilo plaas.

Dit is die grootste hengelgeleentheid in die Zambezistreek asook een van die grootste varswaterhengelkompetisies in die land, en gee ’n finansiële hupstoot vir die bewaring van visbronne.

’n Groot persentasie van die kompetisie se inkomste word aan die Sikunga-bewaringsgebied geskenk.

Dié gebied, waarin die Nwanyi-kampeerterrein geleë is, behaal groot bewaringsukses en daar is 'n beduidende toename in visgetalle in die kanaal. Die uitputting van visbronne in die Zambezirivier en kommersiële uitbuiting van die rivierstelsel oor die afgelope paar jaar het visgetalle laat daal. Plaaslike besighede, inwoners, lodges en die hengelklub ondersteun die Sikunga-bewaringsgebied om die rivier en sy visse te beskerm.

Om dit volhoubaar te maak, is opvoeding van die grootste belang. Meer mense raak betrokke en die gemeenskap word opgelei om die vis van die Zambezirivierstelsel te bewaar.

Die Zambezi Classic skep bewustheid oor bewaring deur onder meer 'n makoro-kompetisie tussen sewe plaaslike dorpe te reël en dit word vanjaar nog 'n hupstoot gegee met verhoogde prysgeld vir die eerste drie spanne.

Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne woon ook die hengelgeleentheid by om statistieke en wetenskaplike inligting in te samel. Laas jaar het 53 spanne met 141 hengelaars van oral in Namibië, Botswana, Suid-Afrika, Zimbabwe en Zambië deelgeneem. Meer as 350 mense was by die geleentheid. Altesaam 483 visse is uitgetrek en 98.5% weer suksesvol in die rivier vrygelaat.

“Ons nooi deelnemers om 'n visvangervaring van 'n leeftyd te kom geniet. Deelnemers staan ook ’n kans om ’n boot geskenk deur ESB Boats te wen,” lui ’n verklaring van die Nwanyi Hengelklub.

Die Zambezi Classic is ’n RAN (rivierhengel in Namibië)-gebeurtenis. RAN is ’n redelik nuwe hengelfaset spesiaal vir rivierhengelaars en daar is ’n moontlikheid dat die faset teen die einde van die jaar internasionaal kan meeding.

Sporthengel is belangrik in die volhoubaarheid van die toerismesektor in die Zambezistreek aangesien dit 'n groot trekpleister vir toeriste is.

“Die dalende visgetalle het reeds 'n impak op die toerismesektor en daarom verdien alle pogings om ons visbronne te beskerm ons ondersteuning,” lui die verklaring.

'n Professionele rolprentspan, geborg deur The Gondwana Collection, sal al die aksie oor die vyf dae verfilm en op sosialemediaplatforms plaas.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!