Hengel- en internet-trolle
Hengel- en internet-trolle

Hengel- en internet-trolle

[email protected]
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Dit is raar, maar waar.

Sosiale mediagebruikers is elke dag demokraties en vrywillig verplig om dié medium vir een of ander duistere en sinistere rede in te span. Veral Facebook. Dit op sigself is geen maklike taak nie, want 'n nuwe tipe struikrower sit en wag deesdae in die veiligheid van haar of sy skuiling vir die regte oomblik om al sluipend uit die duister van die web met mag en mening op hul onskuldige slagoffer toe te slaan.

Wel, 'n sekere rare spesie wat sedert die internet se ontstaan sy verskyning gemaak het, kan mens seker maar 'n E-trol doop, of wat seg ek nou? Dié helde en heldinne van die kuberruim is die moderne struikrowers van ons tyd wat soos magtige “lords” hul pionne behendig rondskuif terwyl die koningin al trippelend sukkel om haar piepie vir 'n belangrike vonkpos te knyp.

Die witjasse met dik brille kan moont­lik dié spesie as die Giant Trollosboid (monophyletic E-Vampierrella) in hul wetenskapboeke verewig, maar die gevaarlike spesie kan moontlik ook as Mastigatrolla Balamuthi (vrylewend op die internet) geklassifiseer word.

Ja-ja, ek weet. Daar is diegene wat nie die kwaad of verkeerd daarin sal sien dat 'n wildvreemde siel 'n ander onbekende gebruiker op 'n sosiale-mediaplatform verbaal aanval nie. Wel, as so 'n mens nie fout met dié probleem kan sien nie, is hy of sy beslis deel van die probleem.

Dan is daar die slimmes wat ander op hul spelfoute wys. Gaan kyk maar op hul plasings hoe dit lyk. 'n Laerskoolkind sal beter vaar...

Die komediant Schalk Bezuidenhout bekla nou die dag sy lot op die kassie oorlat mense op sosiale media ander gebruikers vloek en die allervreeslikste dinge toevoeg sonder dat die ontvanger daarvoor gevra het. (Kan 'n mens nog van 'n kassie praat? Die ding is deesdae platter as 'n joernalis se beursie op 1 Januarie).

Facebook, enige ander sosiale platform asook Netwerk24 se webberigte is plekke waar gebelgde E-trol-vegters binne sekondes 'n gewelddadige aanval op sy 'kompie' se sleutelbord kan loods. Wat ook al jy verkeerd mog gesê het, is nie ter sprake nie, wel dat die Giant Trollosboid genoeg rede het om sy weerlose slagoffer verbaal met vele spelfoute en onbeholpe sinsbou sonder kommas en ander leestekens te kasty.

In my verbeelding sien ek so 'n briesende E-trol in aksie. 'n Paar bloedbelope oë staar hatig na die kompie se skerm terwyl bultende slagare in die nek plek-plek dreig om oop te bars. Die intense druk in die koronêre sisteem is hoog genoeg om 'n trekker se tyre op te pomp, terwyl die Monophyletic E-Vampierrella se hart teen 'n geweldige tempo in die rigting van 'n massiewe miokardiale infarksie versnel.

Die salpeter sit reeds wit gedroog teen die voorkop en slape, terwyl vingers met wit geklemde kneukels woedend die toetsbord soos 'n saldo uit 'n outomatiese aanvalswapen tref. Behalwe dat 'n hartaanval soos 'n dief in die nag nadersluip, is die situasie vinnig besig om in 'n koronêr te verander wat sy lading cholesterol kilogram vir kilogram uit sy aorta skeur om onverhoeds 'n trombus te vorm.

Ek raak glads benoud vir die aanvaller en familie se part om te dink sy hart se elektronika kan beskadig word wat sy hartritme kan versteur. “Wie wil nou met 'n fibrillerende hart sit terwyl 'n spasma in die aar ontstaan waar kilogramme vet (cholesterol) soos 'n klomp skape voor 'n kraalhek saambondel?” Ek dink onwillekeurig aan iets soos om 'n 911-nommer om te bel (net vir ingeval).

Ná afloop van die E-trol se woedende aanval op sy weerlose ontvanger waar die teiken nie soos 'n wafferse Blitsbokheld Rosko Specman 'n behendige systap kon uitoefen om sy aanvaller se ongure venyn te fnuik nie, sien ek hoe 'n uitgeputte en natgeswete E-trol behaaglik in sy stoel terugsak soos 'n vrou wat pas die lewe aan 'n wonderwerk gebaar het.

Boys, wees versigtig, dié eensellige diertjies (Giant Trollosboid) kry jy oral. Hulle vang tot vis ook. Vra maar die Suid-Afrikaners wat die afgelope vakansie by die kus deur Namibiërs met swak gedrag en woordeskat vertel is om te skoert. Kan jy dit vir enige mens oorvertel dat 'n Namibiër nie die grys stof in sy boonste verdieping het om te besef ons het elke sent van toeriste nodig het nie?

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.8 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 313.25/OZ DOWN -0.0043 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.96% | Zinc US$ 2 828.60/T UP 0.95% | Brent Crude Oil US$ 88.05/BBP DOWN -0.0032 | Platinum US$ 912.25/OZ UP +0.26% Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.8 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 313.25/OZ DOWN -0.0043 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.96% | Zinc US$ 2 828.60/T UP 0.95% | Brent Crude Oil US$ 88.05/BBP DOWN -0.0032 | Platinum US$ 912.25/OZ UP +0.26%