Hengari eis N$7,5 miljoen van NWR

Die voormalige uitvoerende hoof van Namibia Wildlife Resorts wie se vyf jaar dienskontrak in 2019 nie hernu is nie, dagvaar dié SOE vir skadevergoeding.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – “Die enigste ding op my grafsteen is my naam en NWR het skade daaraan berokken,” het die voormalige uitvoerende hoof van Namibia Wildlife Resorts (NWR), me. Zelna Hengari, gister tydens haar getuienis gesê.

Hengari dagvaar NWR vir N$7,5 miljoen in skadevergoeding weens ’n mediaverklaring wat volgens haar onakkurate inligting bevat en haar naam en reputasie geskend het.

Die verhoor het vandeesweek in die Windhoekse hoërhof begin en Hengari het Woensdag en gister (Donderdag) voor regter Herman Oosthuizen getuig.

Die verhoor bring veral die ooreenkoms tussen NWR en Sun Karros Lifestyle Safaris, die rede waarom Hengari aan die begin van 2019 geskors is, onder die loep.

Hengari beweer sy het binne haar magte en in opdrag van NWR se direksie en die ministerie van die omgewing, toerisme en bosbou opgetree toe sy NWR in 'n openbare-private-vennootskap met Sun Karros gekontrakteer het.

Sun Karros het glo 20 luukse tente, 'n swembad, 'n restaurant en tien kampplekke ter waarde van N$43 miljoen op NWR se Sesriem-kampeerterrein gebou.

Hengari beweer die NWR se direksie het die projek goedgekeur. Die NWR ontken egter dat hulle die ooreenkoms met San Karros goedgekeur het en beweer Hengari het sonder magtiging die ooreenkoms gesluit.

“Die raad het die projek goedgekeur op die voorwaarde dat die ooreenkoms eers gefinaliseer moet word. Die raad het nie die sluiting van 'n ooreenkoms met Sun Karros gemagtig nie,” lui die hofstukke wat deur NWR se regsverteenwoordiger, mnr. Norman Tjombe, opgestel is.

Die NWR beweer daarom dat die ooreenkoms onwettig en nietig is aangesien hulle dit nie goedgekeur het nie en dit nie volgens die bepalings van die wet op die beheer van openbare ondernemings gesluit is nie.

MEDIAVERKLARING

Hengari beweer NWR het op 5 April 2018 ’n mediaverklaring uitgereik met wanvoorstellings en onakkurate inligting wat haar naam en reputasie geskend het.

Sy voer aan die mediaverklaring, waaroor verskeie Namibiese koerante berig het, het haar as ’n oneerlike en onprofessionele mens geskets wat in onwettige aktiwiteite betrokke was.

Die NWR ontken dat die verklaring enige onakkurate inligting bevat het en beweer hulle is ’n kommersiële onderneming wat deur die staat besit word en daarom het die publiek die reg tot die inligting in die verklaring.

HENGARI SE EISE

Hengarai eis N$800 000 vir die skade aan haar naam en N$6 700 000 vir die skade aan haar professionele naam en integriteit.

Volgens hofstukke weier NWR om enige skadevergoeding te betaal.

“As die eiser enige skade gely het, was dit ’n produk van haar eie wil om die ooreenkoms met Sun Karros aan te gaan sonder die nodige goedkeuring.”

Benewens die N$7,5 miljoen, eis Hengari ook dat NWR ’n openbare verskoning aan haar rig in die vorm van ’n mediaverklaring wat minstens in twee nasionale koerante, waarvan een spesifiek The Namibian moet wees, geplaas word.

Hengari is op 16 Julie 2014 as NWR se uitvoerende hoof aangestel.

“Haar aanstelling was vir ’n tydperk van vyf jaar en die NWR het geen verpligting gehad om haar dienskontrak te hernu nie,” lui die NWR se pleidooi wat deel van die hofstukke uitmaak.

Hengari se kontrak sou op 15 Julie 2019 eindig, maar sy is reeds in Januarie daardie jaar in kennis gestel haar kontrak sou nie hernu word nie.

Die ministeries van die omgewing, toerisme en bosbou en van staatsondernemings (SOE’s) is die tweede en derde verweerders in die saak, maar Hengari stel geen eise teen die ministeries in nie.

Hengari se regsverteenwoordigers, mnre. Kaijata Kangueehi en Clive Kavendjii, het gister hul saak gesluit en die verweerders sal volgende getuies roep.

Die verhoor duur voort. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.64 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 392.10/OZ UP +0.51% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.10% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 1.46% | Brent Crude Oil US$ 87.47/BBP UP +0.36% | Platinum US$ 927.16/OZ DOWN -0.0097 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.64 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 392.10/OZ UP +0.51% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.10% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 1.46% | Brent Crude Oil US$ 87.47/BBP UP +0.36% | Platinum US$ 927.16/OZ DOWN -0.0097