Helikopterongeluk op Tsumeb
Die bekende sakeman van Tsumeb, mnr. Rainier Arangies, se helikopter was gisteroggend op dié Noordedorp se vliegveld tydens landing in ’n ongeluk betrokke. Volgens mnr. Theo Shilongo, waarnemende direkteur van die direktoraat vliegtuigongelukondersoeke in die ministerie van werke en vervoer, het die helikopter tydens landing omstreeks 10:15 erg gevibreer en omgeslaan. “Die Bell 205-helikopter met registrasienommer V5-HOZ is erg beskadig. Die vlieënier was alleen aan boord,” het hy aan Republikein gesê. Die vlieënier, mnr. Frans Henning, is nie beseer nie, het Shilongo bevestig. “Ek het dadelik ’n ondersoekbeampte, mnr. Herman Thomas, na Tsumeb gestuur om die ongeluk volledig te ondersoek.” Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie