Helde in die stryd van 2020 só gedenk

09 September 2020 | Kuns en vermaak
Yandi du Plessis

’n Nuwe muurskildery is die afgelope naweek by die Nasionale Galery van Namibië (NAGN) aangebring.

Die galery het vroeër aangekondig sy deure sal vir twee weke vanaf 3 September sluit terwyl die gebou ontsmet word. Ywerige kunstenaars het byeengekom en ’n skildery teen die buitemuur van die galery aangebring wat die Covid-stryd in Namibië uitbeeld en hulde bring aan die noodwerkers wat die land in dié moeilike tyd dra.

Die proses het laas Woensdag begin en die skildery is Sondag voltooi.

Studente van die College of the Arts (COTA) se visuele kunstedepartement het hul verskillende insette gelewer oor hoe hulle die impak van Covid-19 op Namibiërs waarneem.

Die studente oefen tans nuwe tegnieke en vaardighede om skilder en ontwerp as mediums vir kreatiewe uitdrukking te gebruik. Die skildery is ’n visuele dokumentasie van die pandemie se omvattende kulturele, opvoedkundige, ekonomiese en gesondheidsimplikasies op die land én die wêreld.

“Die verspreiding van Covid-19 het verskeie aspekte van ons alledaagse lewens onderbreek. Ons staan nou voor nuwe uitdagings – van die manier hoe ons met mekaar in kontak kom op ’n daaglikse basis tot hoe ons vir die toekoms beplan.

“Met die oog op die toekoms moet ons ons benaderings ten opsigte van die ontwerp, ontwikkeling en aanbieding van uitstallings hervorm, of dit nou oorspronklik is, deel is van ’n versameling of op digitale gebied,” het me. Desiree !Nanuses, waarnemende hoofkurator by die NAGN, gesê.

Die muurskildery is ’n jaarlikse projek tussen die NAGN en COTA wat deur Neo Paints geborg word. Elke jaar word die tema van die skildery bepaal deur brandende sosio-kulturele en ekonomiese kwessies in Namibië. Verlede jaar is die felle droogte in Namibië uitgebeeld, en vanjaar die Covid-19 pandemie.

Vanjaar se muurskildery is volgens !Nanuses ’n manier “om oor ons toekoms te besin en nuwe bande in die visuele kunsbedryf en kreatiewe bedrywe te smee.”

Die doel van die muurskildery is glo om mense te herinner om na hulself en hul geliefdes om te sien, maar bowenal herinner dit Namibiërs om diegene te waardeer en te respekteer wat noodsaaklike dienste verrig en hulself kwesbaar vir die virus laat.

“Mag dié kameralens, ’n ‘kiekie’ van die moeilike tyd, ons aanmoedig om voluit te leef. Om tyd deur te bring saam met die mense wat ons liefhet. Om terug te keer na die eenvoudige dinge in die lewe,” het !Nanuses gesê.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Min kans vir vlieg na SA

1 uur gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

1 uur gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

1 uur gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

1 uur gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

1 uur gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

1 uur gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

1 uur gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

1 uur gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...

Dagboek vir die landbouer

1 uur gelede | Landbou

Agra ProVision se kursusseAgra ProVision bied van 5 tot 8 Oktober 'n kursus oor plaasbestuur in Windhoek aan en daarna van 6 tot 8 Oktober...