'Heksejag' teen Kahimise

Die Windhoekse munisipaliteit staar opnuut 'n politieke krisis in die gesig.
Denver Kisting
Denver Kisting



Die uitvoerende hoof van die Windhoekse stadsraad, mnr. Robert Kahimise, is ongewild omdat hy mense keer om hulle verder aan tenders dik te vreet.

“Mnr. Kahimise is 'n godvresende man, 'n wedergebore Christen, gee nie voor nie en 'n ware seun van die lewende God,” lui 'n brief aan die minister van stedelike en landelike beplanning, dr. Peya Mushelenga, oor die beweerde teistering waaronder Kahimise gebuk gaan.

“Hy het hulle van tenders ontneem. Hulle eet nie meer soos vantevore nie,” lui die skrywe voorts.

Mushelenga het gister gesê albei partye móét gehoor word voor hy kan reageer op die jongste relletjie by Windhoek se munisipaliteit (CoW).

Die minister het by navraag aan Republikein gesê: “Mense teen wie bewerings gemaak word, moet 'n geleentheid kry om hul kant te stel. Dít is wat natuurlike geregtigheid vereis.”

Die tafel is sedert verlede Woensdag opnuut vir drama gedek nadat dit aan die lig gekom het sommige raadslede beplan glo om van die uitvoerende hoof, mnr. Robert Kahimise, ontslae te raak.

Mushelenga het bevestig hy het 'n sterk bewoorde brief ontvang waarin drie CoW-raadslede allerlei bewerings maak oor hoe Kahimise deur bestuurslede gekasty word.

Al drie dié raadslede behoort aan opposisiepartye.

In dié brief, wat agt bladsye beslaan, sê die drie mense hulle is keelvol dat ál die skuld vir CoW se probleme voor Kahimise se deur gegooi word.

Dít terwyl Kahimise die gemors waarin CoW gedompel is, by sy voorgangers geërf het.

As Mushelenga nie die bestuurslede vasvat nie, sal hulle geen ander keuse hê as om 'n mosie van wantroue teen hul kollegas in te stel nie, sê die gegriefde lede.

Om seker te maak dié plan verloop sonder intimidasie, stel die drietal voor dit geskied deur geheime stembriewe.



'Bedenklike toestand'

Volgens hulle het Kahimise met sy aanstelling sowat 'n jaar gelede CoW in 'n bedenklike toestand aangetref.

Hulle beweer voorts hy het in sy kort ampstermyn reeds daarin geslaag om van die chaos om te keer.

Die drie raadslede, wat verlede week aan Mushelenga geskryf het, is die Popular Democratic Movement (PDM) se mnr. Ignatius Semba, mnr. Josef Kauandenge van die National­ Unity Democratic Organisation (Nudo) en me. Brunhilde Cornelius van die Rally for Democracy and Progress (RDP).

Afgesien van ander negatiewe gevolge belemmer die huidige toedrag van sake dienslewering by die vlagskipmunisipaliteit, maan dié drie raadslede.

Hulle sê persoonlike verskille gaan nie dié munisipaliteit help om uit die as op te staan nie. “CoW is die hoofstad van Namibië; ons uitdagings is onoorkombaar en dit verg moeite van al 15 raadslede en hul wysheid en energie om dit te pak.”

Hulle is ook van mening dat raadslede opgelei moet word in die skeiding van pligte sodat hulle hul rolle kan verstaan.

“Raadslede as beleidmakers kan nie en moenie by administratiewe sake inmeng nie,” lui die brief op 'n CoW-briefhoof.

Hulle vermoed die beweerde heksejag is die gevolg van stamgebondenheid, voer hulle ook aan.

Kahimise het gister gesê hy dra kennis van die brief.

Omdat die brief aan die minister gerig is, moet Mushelenga die weg vorentoe bepaal, sê Kahimise.

“Dit is nogal 'n lang brief; daar word kwessies geopper en ek dink daardie kwessies moet aangespreek word.”

Politici moet die kwessie besleg, sê Kahimise. “Ek is geen politikus nie,” het hy benadruk.

Oor van die aantygings in die brief dat bestuurslede hom boelie, sê Kahimise: “Daar is waarheid in van die kwessies wat geopper is, veral (sedert) onlangs.”

Teen gister het hy nog geen brief oor sy beweerde skorsing ontvang nie, sê hy. “Ek is in die tuig.”

'n Ander doring in die vlees van die ontstoke raadslede is die skorsing van die hoof van die stadspolisie, mnr. Abraham Kanime, vroeër vanjaar.

Die drietal sê hoewel dit 'n gesamentlike raadsbesluit was om Kanime met vergoeding in die pad te steek, kry Kahimise al die skuld daarvoor.

Kanime het gister gesê hy sal sy skorsing oor beweerde ongerymdhede met 'n regsrekening tot die bitter einde beveg.

“Ek is onskuldig. Ek sal dit tot aan die einde aanvoer. Ek wag net dat hulle met hul drama klaarmaak. Op die oomblik is dit (die weg vorentoe) in my prokureur se hande.”

Sy prokureur, mnr. Sisa Namandje, het gesê daar is nog geen nuwe verwikkelinge in sy kliënt se saak nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 330.36/OZ UP +0.61% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 852.10/T UP 1.62% | Brent Crude Oil US$ 87.62/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 909.04/OZ UP +0.76% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 330.36/OZ UP +0.61% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 852.10/T UP 1.62% | Brent Crude Oil US$ 87.62/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 909.04/OZ UP +0.76%