Hef aan nog voor vir Caprivi-verhoor

31 December 2003 | Politiek en nasionale nuus
DIE eerste, soms onseker treë, is vanjaar gegee in die geskiedkundige hoogverraadverhoor van 120 vermeende Caprivi-afstigters waarvan die meeste reeds in aanhouding is vir langer as vier jaar.
Die spanningsverhaal wat oor elf dae uit net soveel getuies se monde ontvou het, is egter maar net die voorspel tot \'n geding wat na alle waarskynlikheid etlike jare sal duur.
Die jurisdiksieturksvy
Huidig moet die hoërhof in Grootfontein beslis of 13 van die beskuldigdes wel onwettig uit die buiteland ontvoer is soos hulle beweer. Owerhede in Zambië en Botswana is sodoende ingetrek by die saak.
Maar wat presies is die lot van hierdie 13?
Mnr. Jorge Neves van die verdediging het aanvanklik gesê dat dit \'n \"algehele oorwinning\" sal wees as die dertien vrystap.
Geld soos bossies...
Die verhoor is beslis \'n inspuiting vir die ekonomie van Grootfontein.
\'n Groot getal bykomende polisiemanne is na die dorp ontbied, terwyl hotelle ook verblyf moet voorsien vir prokureurs, hofpersoneel en getuies. Baie persone is naarstiglik op soek na private behuising eerder as onpersoonlike hotelkamers vir die lang tye wat hulle in die Noorde moet vertoef.
Skindertonge wil dit hê dat sommige huise te huur is teeen N$16 000 per maand - wat dadelik herinner aan die kitsrykdom wat in huiseienaars se skote geval het met die toestroming van beamptes van die Verenigdes Nasies na die land net voor onafhanklikheid.
Republikein het uit betroubare bronne verneem dat prokureurs van die verdediging (na belasting) \'n gemiddeld van sowat N$45 000 per maand verdien. Die vier Namibiese regslui in N$60 000 per maand en hul kollegas uit Zimbabwe en Zambië N$33 000.
Persone in die regspraktyk is vinnig om aan te toon dat \'n prokureur in \'n vooruitstrewende privaatpraktyk se neto-inkomste selfs veel meer as N$60 000 kan beloop. Ander voel dat die prys van hulp ook gesien moet word as \'n weerspieëling van die kwaliteit van regsverteenwoordiging en die belang van die saak self.
Die sompompie wys dat die staat dus elke maand wat die verhoor duur in die omgewing van \'n halfmiljoen dollar afstaan aan die betaling van die verdediging. Wanneer mens die bedrag van N$405 000 deel deur die 120 beskuldigdes, beteken dit egter \'n maandelikse rekening van \'n skrale N$3 375 per persoon.
Hoogtepunte van die eerste elf dae
Die verhoor se openingsaluut sou nie eers die kieskeurigste dramavraat teleurgestel het nie.
Nadat die beskuldigdes luidrugtig betoog het met plakkate en protesliedere, wat ook op film vasgelê is deur die polisie en veiligheidsmagte, het die verdediging geeëis dat die 13 aansoekers onmiddellik bevry moet word omdat die staat nie hul bewering alleen met mondelinge getuienis kan weerlê nie. Hierdie beswaar is op die tweede dag van die verhoor deur regter Elton Hoff verwerp.
Getuies uit die Namibiese weermag het weens hul kenmerkende \"vaktaal\" en verstaanbare onkunde met die prosedure in \'n kriminele verhoor gesorg vir aanhalings so reg in die media se kraal. Hierdie skietgoed is ewe gretig gebruik tydens kruisverhoor.
Generaal-majoor Martin Shalli en kolonel Philemon Ndokotola het die beskuldigdes bestempel as \"terroriste\" en \"lafaards\" wat ten alle koste voor stok gekry moes word.
In \'n stadium het gnl.maj. Shalli ongeduldig die volgende opmerking teenoor mnr. Patrick Kauta van die verdediging gemaak: \"Ons werk net nie soos julle (burgerlikes) wil hê nie.\"
Getuies van beide die weermag en polisie is gepeper met vrae oor watter prosedure gevolg is met uitlewering, arrestasie, die waarborging van regshulp en of hulle bewus was dat die beskuldigdes aansoek gedoen het om asiel in die buiteland.
\'n Prominente besprekingspunt was die kwessie van die niemandsland tussen Namibië en Zambië waartoe die weermag \"ongehinderde toegang\" sou gevra het om onder die dekmantel van die nag vier verdagtes te ontvang. \'n Terplaatse ondersoek sal waarskynlik plaasvind om vas te stel presies waar die grens lê en waar die beskuldigdes ontvang is.
Polisiebeamptes het besonderhede oor hierdie uitruilaksie in aanvanklike, geskrewe verklarings verswyg. Die wolk van geheimsinnigheid het selfs verder verdig toe die weermag en polisie beide aangevoer dat die ander party eintlik dié aand in beheer was.
Die verdediging wou by herhaling weet hoekom polisiebeamptes self nie immigrasieprosedure gevolg het wanneer hulle Zambië besoek het nie.
Die verdediging se laaste aanvalspunt het berus op die argument dat verskeie Zambiese immigrasiewette deur beamptes van dié land geminag is.
Die groot gelykmaker
Die swaard van die dood is \'n werklikheid wat nie net oor die koppe van beskuldigdes hang nie.
Onlangs het die dertiende beskuldigde in aanhouding gesterf (volgens die owerhede is dood in alle gevalle aan natuurlike oorsake toe te skryf). Meer as twintig staatsgetuies het egter in dieselfde periode doodgegaan, wat bygedra het tot die terugtrek van sake teen enkele beskuldigdes.
Oud-parlementariër Geoffrey Mwilima is een van die verdagtes wat in die hospitaal is.
Die verhoor is op 17 November tot 19 Januarie aanstaande jaar uitgestel omdat drie bykomende staatsgetuies uit Zambië en Botswana (\'n kolonel in die weermag en twee polisiebeamptes) eers sal kan getuig wanneer hul dagvaardings deur diplomatieke kanale verwerk is.
Voorts oorweeg die verdediging steeds om in die belang van \'n regverdige verhoor te vra dat die verhoor na Windhoek verskuif word, waar regsbronne volgens hulle vinniger geraadpleeg sal kan word.

Soortgelyk

 

Voertuie deur Löwen meegesleur

12 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer – Twee toeriste én 'n barmhartige samaritaan moes gister hulpeloos toekyk hoe beide hul voer­tuie deur vloedwater in die Löwenrivier meegesleur word.Dié twee...

Boer slag huurbeeste glo self

12 ure gelede | Misdaad

Elvira Hattingh – 'n Boer uit die Windhoek-omgewing het Donderdag sy vierde verskyning in die landdroshof in Windhoek gemaak op aanklag dat hy 'n boer...

Weer vir 19 Januarie

12 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word oor die binneland verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Namib en verre suide met 'n paar buie, andersins gedeeltelik...

Voëlgriep dalk in Namibië

12 ure gelede | Omgewing

Adam Hartman en Erwin Leuschner – Nadat voëlgriep in Suid-Afrika in die Wes-Kaap etlike maande gelede uitgebreek het, bestaan die vrees tans dat seevoëls langs...

Mense keer op keer uit riviere verskuif

12 ure gelede | Regering

Tanja Bause – Talle huise aan weerskante van 'n rivier wat parallel met Istanbulstraat in Otjomuise loop, het Sondagnamiddag oorstroom. Baie van die betrokke mense...

Pedofielsaak skuif na hoërhof

12 ure gelede | Howe

Kristien Kruger – Die vermeende pedofiel wat daarvan beskuldig word dat hy verskeie jong seuns in Windhoek verkrag en vir pornografies doeleindes misbruik het, se...

Reënseisoen skop buitengewoon swak af

12 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Ofskoon Namibië se weerkantoor opnuut wydverspreide donderbuie vir vandag oor die binneland voorspel, het die eerste helfte van die reënseisoen “baie swak”...

Noorde wag vir reën

12 ure gelede | Weer

Terwyl die sentrale en suidelike gedeeltes van Namibië hoë neerslae die afgelope paar dae aangeteken het, moet die noorde van die land nog volgens die...

Verslag: Verskaffers het Agribusdev droog gemelk

12 ure gelede | Ministeries

Mathias Haufiku – ’n Forensiese verslag oor Agribusdev se sakebedrywighede voer aan verskaffers het voorkeurbehandeling ontvang om sake met die maatskappy te doen deur prysvasstellingstaktieke...