Heelwat werk wag vir Nasionale Raad
Estelle de Bruyn - Die Nasionale Raad (NR) het Maandag sy werksaamhede hervat.
Nadat die Nasionale Vergadering (NV) nege wetsontwerpe aanvaar het, is dit nou die NR se werk om dit te fynkam.
Die NR is 'n belangrike instrument en deel van die wigte en teenwigte wat in die Grondwet as deel van die wetgewende proses voorgeskryf word.
Die nege wetsontwerpe wat nou op die NR se tafel is, sluit in: die wetsontwerp op die beskerming van hokaairoepers; dié op loterye, dié op Namibiese tyd, op eenstopgrensposte se beheer en op die Namibië inkomste-agentskap.
Afgesien hiervan sal die wysigingswetsontwerpe op die handel in beheerde wildprodukte; dié op woeker, streeksrade, en plaaslike owerhede ook deur die NR oorweeg word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie