Heeltyd speeltyd
Heeltyd speeltyd

Heeltyd speeltyd

Tanja Bause
KOLLIG

Tanja Bause – In Windhoek se Kleine Kuppe-woonbuurt is 'n heerlike speelplek vir kinders.

Anta Mandy is sedert 2017 aan die stuur van die Busy Bodies Playground by die Haven Zoological Park.

Sy het groot planne vir die speelterrein, koffiekroeg en dieretuin.

“Die koffiekroeg is reeds omskep in ’n restaurant wat elke dag oop is: Op weeksdae vanaf 09:00 tot 17:00, op Vrydae en Saterdae vanaf 09:00 tot 18:00, en op Sondae en vakansiedae vanaf 09:00 tot 15:00. Ons wil ook binnekort die restaurant tot later saans oophou,” sê sy.

Die restaurant bedien ontbyt, middagete en aandete.

“Ons het nie net die beste koffie of frappés (yskoffie) in die dorp nie, maar maak ook van hamburgers tot die sogenoemde Bubble-wafels wat soet of sout bedien kan word.”

Kinders sal binnekort by die speelpark kan afkoel in die nuwe “waterwys-waterfontein”.

“In die huidige warm weer wil kinders afkoel en in water speel. Binne ’n paar weke sal hulle kan en dié installasie is 100%-waterbesparend.”

Besoekers kan ook 'n verskeidenheid diere se manewales dophou en selfs voer.

“Ons het vir Jackson die skaap, Langeraat en Fielafooi die volstruise, Gert die donkie en Walkie Talkie die hoenderhaan. Al ons diere het name en elkeen het sy eie storie. Soos Blue die pou wat nie uit sy hok mag kom nie omdat hy na die parkeerarea toe gaan en alle blou voertuie aanval. Ons het ook eende, varke, bokke, skape, skilpaaie, marmotte en blouape.”

Busy Bodies Playground reël ook kinderpartytjies volgens temas.

“Ons doen alles, van die geskenkpakke tot die kos. Al wat die ouers moet bring, is die verjaardagkoek en die kinders,” sê Anta.

Ander spesiale geleenthede kan ook daar gehou word. Besoek die Facebook-blad Busy Bodies Playground - Namibia vir meer inligting.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!