Hawks triomfeer teen SA franchises

Hokkie

09 January 2019 | Sport
Andrew Poolman - Die Namibiese Hawks se oorheer­sing van die Pro Series Indoor (PSI) binnenshuise hokkietoernooi teen die Suid-Afrikaanse franchises is opnuut 'n positiewe teken vir die sport.

Vir die jaarlikse provinsiale toernooi in Kaapstad het die Namibiese franchise in elke ouderdomsgroep met sy Hawks (A-afdeling), Eagles (B-afdeling) en Coastal Cranes van Swakopmund (C-afdeling) meegeding.

Die Hawks van Windhoek, waarvan Trevor en Shayne Cormack die eienaars is, is as die algehele beste franchise vir 2018 in die A-afdeling aangewys. Dié toekenning uit 20 franchises is ook in 2015 en 2016 deur die Hawks gewen.

Veral die seunspanne het sake oorheers, met 'n triomf vir die onder 18's, o.16's én o.14s.

Die o.18-seuns het die eindstryd gehaal, waar hulle met 3-0 teen die West Coast Barracudas aan die wenkant was, danksy doele deur Henco Rieckert (2) en Cody van der Merwe.

Die o.16-seuns se finaal was teen die Gryphons van Gauteng. Die Windhoekers was met 2-1 aan die wenkant danksy twee treffers deur Owen Hatton.

Die o.14-seuns se hoogtepunt was die sege met 3-2 teen die Seals van Kaapstad.

Verskeie individuele spelers is ook bekroon met insluiting in die PSI Afrika All-Stars spanne wat moontlik later vanjaar toere na Europa sal onderneem.

'n Opsomming van die Namibiërs se prestasies:



A-AFDELING

Onder 18 seuns: Hawks wen goue medalje. Liam Hermanus word as die topspeler aangewys en ook as die algehele PSI-ambassadeur vir 2018. Vir die PSI Afrika All-Stars word Liam Hermanus en Dakota Hansen gekies, tesame met Trevor Cormack as afrigter.

Onder 18 meisies: Hawks wen silwermedalje. Kiana Cormack is as die topspeler in die liga bekroon. Cormack en Kaela Schimming haal die PSI Afrika All-Stars.

Onder 16 seuns: Hawks wen die goue medalje. Die beste doelwagter in die ouderdomsgroep was Henning Kruger, wat saam met sy spanmats Fagan Hansen, David Britz en Owen Hatton asook afrigter Johann Weyhe vir die PSI Afrika All-Stars uitgesoek word.

Onder 16 meisies: Hawks wen bronsmedalje. Amber Dercksen, Danja Meyer en Celé Wessels word vir die Afrika All Stars-span gekies.

Onder 14 seuns: Hawks wen goue medalje. JP Britz is die topspeler in die afdeling. JP Britz, Christian du Raan en Thomas Theron haal die All Stars-span, met Ruan Oosthuizen wat as die All Stars se afrigter aangewys word.

Onder 14 meisies: Hawks wen goue medalje. Azaylee Philander word vereer as topspeler in dié afdeling en Jaimie Hen­ckert as die beste doelwagter. Caitlin Gillies, Azaylee Philander, Gina Olles, Hayley Schickerling, Annabelle Rossouw, Jaime Henckert en Sasha Brinkman word uitgesoek vir die All Stars-span.

Onder 13 seuns: Hawks behaal die bronsmedalje.

Onder 13 meisies: Hawks eindig agtste, maar lewer die voorste doelwagter in die liga op (Charlotte Smith).

Onder 13 meisies: Hawks behaal die silwermedalje. Kerrin Gillies is die topspeler in die ouderdomsklas.



B-AFDELING

Die Namibiese Eagles se hoogtepunt is die o.16-meisies se goue medalje, wat meebring dat hulle volgende jaar na die A-afdeling bevorder word. Caitlyn Gillies word as die topspeler in die liga vereer.

Die o.16A-seuns eindig tweede.

Die Eagles behaal ook vyfde plekke met die o.13-seuns, o.14-meisies en o.16B-seuns. Die o.18 Coastal Cranes meisies en o.18 Coastal Cranes seuns eindig beide in die agtste posisie, maar Willie Schoeman word vereer as die voorste doelwagter van die seunsklas.



C-AFDELING

Die Coastal Cranes van Swakopmund word vereer as die voorste franchise in die C-afdeling. Die o.13-seuns behaal die goue medalje en Sampie Venter kry die toekenning as topspeler.

Die o.16-seuns verloor in die eindstryd en lewer die voorste speler in die liga op (Vialli Visagie).

Die o.16-meisies behaal ook die silwermedalje en Francis Burger word as die individuele uitblinkerspeler uitgesonder.

Die o.14-seuns eindig vierde en die o.13-meisies eindig 14de.

Soortgelyk

 

Geingob vergader met Nanso oor studiegeld

56 minute gelede | Onderwys

Me. Ester Simon, president van die Namibiese Nasionale Studenteorganisasie (Nanso), het pas bevestig die organisasie vergader vandag by Staatshuis met pres. Hage Geingob...

Mexikaanse sakeman wil Erindi koop

2 ure gelede | Omgewing

Die internasionale entrepreneur, filantroop en president van die konsortium BAL-groep, mnr. Alberto Baillères, 'n gerespekteerde Mexikaanse sakeleier, is besig om die kooptransaksie met Erindi...

Katrina hoor Maandag 8 Julie

3 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Regter Christie Liebenberg het vandag gesê hy sal nie later nie as 8 Julie uitspraak lewer in die verhoor van me. Katrina...

Theo Diergaardt voor vir beweerde bedrog

4 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Die beheeraanklaer van die landdroshof in Windhoek, mnr. Hans Thourob, het bevestig mnr. Theo Diergaardt, oudminister van grondhervorming, is gister inhegtenis geneem.Volgens...

Windhoek se waterverbruik in die rooi

5 ure gelede | Omgewing

Die Windhoekse munisipaliteit sê oor die afgelope week het Windhoekers 7% meer water gebruik as wat huidige teikens vir waterbesparing toelaat. Die weeklikse teiken is...

Dit moes lankal gebeur het, sê Kanime.

6 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Oomblikke nadat hy gisteraand heraangestel is, het mnr. Abraham Kanime aan Republikein gesê dit moes lankal gebeur het.Die Windhoekse stadsraad het gisteraand...

Raad sit oor polisiehoof

15 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) sou gisteraand vir mnr. Abraham Kanime as hoof van die stadspolisie heraangestel het.Kanime is in Maart verlede jaar...

Windhoek droogste in 90 jaar

15 ure gelede | Weer

Ronelle Rademeyer - Die 2018-’19-reënseisoen sal vir die oorgrote deel van die land in die geskiedenisboeke opgeteken staan as van die droogste in menseheugenis.Die statistiek...

Katrina se lot gou bepaal

15 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Onder gewone omstandighede is die staat se verantwoordelikheid om skuld bo redelike twyfel te bewys.In die geval van die oudgoewerneur van die...