Hawks sweef hoog met seges

Die T20-reeks het as 'n losmaker vir die nasionale span se komende verpligting gedien, asook vir die identifisering van nuwe talent.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Die tweede en laaste ronde van Krieket Namibië se T20-konsessiereeks waaraan vier saamgestelde spanne deelgeneem het, is die afgelope naweek in Windhoek afgehandel.

In die finaal gistermiddag het die King Price Hawks by Trustco United met nege paaltjies teen die NIS Bulldogs geseëvier, wat op vyftigtalle deur Lauritz Haccou en Pikky Ya France gebou was.

Gedurende die eerste ronde op 29 en 30 September in Windhoek, is agt wedstryde op 'n rondomtaliegrondslag gespeel, wat die afgelope Saterdag deur nog vier gevolg is.

Die King Price Hawks (157/4, 19 boulbeurte) oorrompel die MR24/7 Warthogs (151/4, 20 bb) met 6 paaltjie. In die tweede kragmeting stapel die NIS Bulldogs 254/4 in 20 boulbeurte op en beperk die XCO Leopards tot 149/10 (18.2 bb) om met 96 lopies te wen.

Die Saterdagnamiddag smaak die King Price Hawks sy tweede oorwinning met ses paaltjies toe hulle die XCO Leopards tot 180/4 (20 bb) beperk en suksesvol 183/4 in 17.5 bb behaal. Die NIS Bulldogs knoop die MR24/7 Warthogs se sterte met 40 lopies toe hulle 137/5 (20 bb) bymekaar skraap en die vlakvarke vir 97/10 in 19.1 bb uitknikker.

Die Sondag behaal die XCO Leopards (130/3, 19.1 bb) hul eerste oorwinning met sewe paaltjies, toe die MR/24 Warthogs slegs 124/6 in 20 bb as 'n wenteiken kon opstel. Vir die NIS Bulldogs (176/6, 20 bb) verloop die dag nie te goed nie en die King Price Hawks steek hul telling met 177/4 in die 15de bb verby om met ses paaltjie te wen.

Met die laaste twee kragmetings van die dag seëvier die Leopards (116/3, 18.5 bb) met sewe paaltjies teen die NIS Bulldogs (112/7, 20 bb) en die King Price Hawks (176/3, 16.5 bb) verslaan die MR24/7 Warthogs (174/6, 20 bb) met sewe paaltjies.

Ná die eerste ronde loop die Hawks met vier oorwinnings op die punteleer voor, met die Bulldogs tweede en die Leopards in die derde posisie, elk met twee suksesse. Die Warthogs moes geduldig vir die tweede ronde wag voor hulle 'n oorwinning kon aanteken.

Die finale ronde het Saterdagoggend by Wanderers begin tussen die King Price Hawks (141/5, 20 bb) en XCO Leopards (145/1, 18.2 bb) waar die Leopards met nege paaltjies sy tweede sege behaal.

By die United-veld lei die MR24/7 Warthogs (216/6, 20 bb) die NIS Bulldogs (184/7, 20 bb) om die bos om hul eerste wedstryd met 32 lopies te wen.

Saterdagnamiddag besoek die NIS Bulldogs (107/6, 20 bb) die Wanderers-­veld om die King Price Hawks (108/6, 18.2 bb) te pak, maar moet die knie met vier paaltjies buig.

Terselfdertyd stap die MR24/7 Warthogs (192/6, 20 bb) by United teen die XCO Leopards (196/3, 15.4 bb) op die veld, waar die Leopards met sewe paaltjies die botoon voer.

Vir die NIS Bulldogs (191/6, 20 bb) is gisteroggend se uitstappie by United teen die XCO Leopards (134/10, 18 bb) met 'n oorwinning van 57 lopies 'n goeie losmaker in die semifinaal tussen die tweede en derde geplaaste spanne.

Dit was voordat die Bulldogs gistermiddag in die eindstryd die King Price Hawks by dieselfde venue pak.

Die Bulldogs kolf eerste om 160/7 in 20 bb op te stapel, waarna die Hawks met 163/1 in 16.5 bb antwoord om die kompetisie te wen.

Vir die Bulldogs het Ewald Steenkamp (50 lopies, 45 balle, 5x4, 1x6), Nicol Loftie-Eaton (55 van 33 b, 4x4, 3x6) en Christopher Coombe (21 van 16 b, 3x4) die meeste lopies aangeteken, terwyl 12 ekstras aangeteken is.

Die Hawks se Tershwin Raubenheimer neem 2/27 en word goed met die deurbrake van Hendrik Geldenhuys (1/22), Christiaan Schumacher (1/32) en Matthew Stander (1/27) ondersteun.

Die Hawks se lopies kom van die kolwe van Lauritz Haccou (84 van 41 b, 6x4, 8x6) wat behoorlik skouers oopmaak om die Bulldogs se boulers te kasty, met Picky Ya France (60 nie uit nie, 47 b, 4x4, 3x6) wat ook die wilgerlat inlê. Met Haccou uit, neem JP Kotze oor om sy tien lopies van 14 aflewerings by te voeg.

Nicol Loftie-Eaton is die Bulldogs se enigste suksesvolle bouler en neem Haccou se paaltjie (1/25).

Die Franchise T20-reeks was vir die plaaslike spelers 'n gepaste opwarming van krag teen krag, voordat die nasionale span dié week na Botswana vertrek vir die eerste van verskeie kwalifiserende hekkies op die pad na die T20 Wêreldbeker in 2020 in Australië. Die berig hieroor is op bl. 14.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.9 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.91 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.9 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.91 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%