Haweloses slaap sagter danksy plastiek

13 September 2018 | Mense
Tanja Bause



Wie sou kon dink die hergebruik van plastieksakke sorg vir 'n gemakliker nagrus vir ­haweloses?

Danksy YouTube kon me. Conny Pimenta van Windhoek leer hoe om matte en kussings van plastiek­sakke te maak.

“Daar is baie video's wat wys hoe die matte gehekel word, maar ek kan glad nie hekel nie. Ek het toe een gevind waar die vrou die sakke met haar hande vleg, en besluit dit is iets wat ek kan doen. Ons het baie hawelose mense in die land en ek kan 'n verskil in hul lewens maak,” sê sy.

Volgens haar was haar eerste mat nie 'n groot sukses nie, maar toe sy dit vir 'n hawelose man gee, was hy byna in trane van dankbaarheid.

“Hy het die mat gevat en dit vir almal gewys en daarmee gespog. Dit het my aangemoedig om met die projek voort te gaan.”

Pimenta het tot dusver vier matte en kussings gemaak en aan hawe­loses uitgedeel.

“Vir elke mat gebruik ek sowat 400 plastieksakke en dit neem so 10 dae om klaar te maak. Die matte is maklik om te onderhou en skoon te hou.”

Leerlinge aan die St. Paul's Kollege, wat aan die Make a ­difference-klub behoort, het ook ingespring en geleer hoe om dié plastiekmatte te vleg.

“Met die leerlinge se hulp sal ons baie meer matte kan vervaardig en uitdeel.”

Pimenta wil ook hoede van gebruikte plastieksakke vir die Kanker­vereniging van Namibië (CAN) maak.

“Ek het tydens my reis deur Portugal mense dié hoedens sien dra. Dit is lig, maklik om te was en kan rek om almal te pas. Ons kan hulle hekel en gratis aan veral die ­albino-gemeenskap uitdeel,” het sy gesê.

Pimenta is op soek na meer plastieksakke sodat sy en die leerlinge matte vir die haweloses kan vleg.

“Ek is ook op soek na tannies wat kan hekel, wat graag by die projek betrokke wil raak. Hulle kan die kinders van St. Paul's kom leer om te hekel, of op hul eie by hul huise die matte en hoedens hekel. Ek het ook 'n video wat wys hoe om dit te doen wat ek vir mense kan aanstuur,” het sy gesê.

Soortgelyk

 

Afrika-lied kom tuis in Namib

23 ure gelede | Kuns en vermaak

Elvira Hattingh - Die Duits-Namibiese kunstenaar Max Siedentopf het wêreldwyd opslae gemaak met ‘n kunsinstallasie in die Namib wat Toto se bekende liedjie “Africa” oor...

CoW verloor ronde teen baas

23 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die geskorste uitvoerende hoof van die Windhoekse stadsraad (CoW), mnr. Robert Kahimise, het 'n ronde teen sy werkgewer gewen.CoW sal waarskynlik binne...

Sowat 7 000 skeepspassasiers sak op Walvis toe

23 ure gelede | Toerisme

Geskiedenis is gister gemaak toe vier groot passasierskepe in die Walvisbaai-hawe op anker gelê het en sowat 7 000 internasionale reisigers op die hawedorp toegesak...

Herstel internet, toegang tot sosiale media in Zim

23 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Om mense in Zimbabwe die gebruik van internetdienste te ontneem, is ‘n skending van hul menseregte en benadeel die ekonomie.“Ons raam die...

Weer vir 17 Januarie 2019

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie oor die sentrale,...

Jong Namibiër maak biomediese deurbrake

23 ure gelede | Gesondheid

Denver Kisting - Sy twee jonger sibbe se worsteling as kinders met asma het ’n jong Namibiese ingenieur aangespoor om ’n toestel te ontwerp wat...

Lui-lui telefoon

23 ure gelede | Tegnologie

Telecom Namibia se landlyne in Windhoek was sedert Dinsdag buite werking. Mnr. Oiva Angula, Telecom Namibia se hoof van korporatiewe kommunikaise en openbare skakelwese, het...

Gedenkdiens gehou vir slagoffers van ongeluk

23 ure gelede | Plaaslik

’n Gedenkdiens vir ses van die sewe slagoffers wat onherkenbaar verbrand is tydens die ongeluk op 10 Augustus 2018, is Dinsdag op Otjiwarongo gehou. Die...

Meer as N$2 miljoen se stukkende verkeersligte

23 ure gelede | Regering

Die hoofstad se munisipaliteit het in 2018 meer as N$2 miljoen bestee om stukkende verkeersligte te herstel nadat dit in padongelukke beskadig is.Mnr. Harold Akwenye,...