Haweloos in die hoofstad midde Covid-19

Tydelike verblyf en gereelde maaltye is van die beduidende verligting wat Windhoek se straatmense nou ervaar.
Augetto Graig
Augetto Graig – Hawelose inwoners van Windhoek is met die aankoms van Covid-19 bymekaar gemaak en verplaas na tydelike verblyf wat by die Khomasdal sportstadion en die Katutura-jeugsentrum opgerig is.

Die lewe daar draai om daaglikse roetine en verskaf ’n unieke uitsig op verwikkelinge soos die land worstel met die uitbreek van die coronavirus.

Mnr. Ricky Stevens is ’n woordvoerder vir die sowat 120 wat by die sportterrein die militêre tente beset. Die getal inwoners wissel omdat hulle kan kom en gaan, sê hy.

“Party gaan uit en slaap buite, van wie sommiges terugkom. Ons is oraait. Daar is kerk vanoggend. Ons word soms met klere en goedere geborg. Die kos raak al minder; hulle sê die regering se voorraad raak op,” sê hy.

’n Maatskaplike werker, me. Ilida Wallace, verseker egter daar is nie ’n tekort aan voorraad nie en met die hulp van hul vrywilligers kan die mense wat daar bly na behore versorg word. “Almal het hul eie tente,” voeg sy by.

Volgens dr. André September van die Windhoek United Congregational Church is sy kerkgemeenskap ook behulpsaam en handhaaf ’n teenwoordigheid op die perseel.

“Ons praat met die mense en vra hulle wat hulle benodig. Elkeen is verskillend, van verskillende ouderdom en verskeie afkoms, met verskillende werklikhede en behoeftes. Elkeen is ’n individu in eie reg,” sê hy.

Een inwoner is mnr. John ‘Lofty’ Lottering wat al 15 jaar op straat in die hoofstad lewe. Of sy lewensomstandighede nou beter is, antwoord hy: “Ek kan nie sê nie.

“Ek hoor hulle soek nie mense op straat nie. Hulle het ons na die kamp gebring, maar ek wonder nou. Daar is vier seisoene tot die inperking en ek wil weet wat op die laaste dag sal gebeur.

“Ons het ook besef ons wil nie meer straat toe gaan nie. Ons verwag werk en ons moet ’n huis kry om uit die straat te kom en voorkant toe te lewe,” sê hy.

September ondersteun die gedagte van ’n baksteen en sement hawe wat so werk dat inwoners steeds iewers ’n inkomste kon verdien. “Baie keer is dit die tekort aan inkomste wat mense na die strate toe dryf,” sê hy. “Daar is ernstige ekonomiese faktore betrokke.”

Die goewerneur van die Khomasstreek, me. Laura McLeod-Katjirua, sê die kwessie oor hoe die betrokke haweloses ná die noodtoestand en die Covid-19 inperking hanteer sal word, geniet aandag.

“Ons is nog in die beplanningsfase. Die mense val in verskeie kategorieë en die verskillende kategorieë moet elk in ag geneem word,” sê sy. Volgens haar moet ’n oplossing slegs teen die einde van die noodtoestand en die Covid-19 inperking gevind word. “ Ons berei ons voor daarop,” sê sy.

Vir die jong mnr. Reinhald Niipele, in sy twintigs, is die weke wat hy nou by die Katutura-jeugsentrum deurbring ’n verposing van die daaglikse gejaag na uitkoms.

“Ek is al drie jaar haweloos. Ek het tevore by die ‘shelter’ in die dorp daar naby die museum geslaap. Dit was N$35 ’n aand, so mens was altyd op die straat, anders slaap jy onder die brug, maar ek het nooit hoop verloor nie. Ek wil ’n entrepreneur wees,” sê hy.

“Nou met die coronavirus laat hulle net 12 mense by die ‘shelter’ toe, weens die handhawing van sosiale afstand.

“Ek het drie weke gelede hierheen gekom. My ma is lankal oorlede en my pa is werkloos in die noorde saam met my suster. Ek is spyt ek het nooit gaan studeer nie.

“In die oggende bring die mense van Universal Church vir ons pap en sop, en dan weer tussen vyf en ses. Daar was gister ’n skenking van koekies en suiker, so ek kon dit vanoggend met my tee geniet,” sê hy.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.84/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.75% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.89/BBP UP +1.01% | Platinum US$ 915.53/OZ UP +1.48% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.84/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.75% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.89/BBP UP +1.01% | Platinum US$ 915.53/OZ UP +1.48%