Hawedorp woedend ná botsing

Des Erasmus
Des Erasmus



Walvisbaai is sedert Saterdagaand 'n gemeenskap sonder genade nadat 'n bekende vrou, me. Loretha Louw (41), in 'n botsing tussen twee bakkies naby die kruising van Vyfde- en Nangolo Mbumbastraat gesterf het.

Die straat moes tydelik gesluit word.

Die twee mans in een van die bakkies het glo van die toneel gevlug.

'n Vriend van die slagoffer is deur paramedici op die toneel versorg en daarna vir behandeling na die Welwitschia-hospitaal gebring.

Gister is sy beserings nie as baie ernstig beskou nie.

Wense vir beterskap en van meegevoel het op sosiale media ingestroom.

Louw was die ma van twee seuns van 13 en 17 jaar oud.

Saam met haar in die bakkie was haar vriend, mnr. Robert Hanekom.

Die oorledene was 'n bekende onder Walvisbaaiers en 'n boekhouer.

Daar word beweer die bestuurder van die tweede voertuig het oor 'n rooi verkeerslig gejaag.

Daar is ook beweer jaagduiwels skep gereeld gevaar ná versnelrenne by die verkeersirkel in die hawedorp se strate.

Sodanige renne is Saterdag by die ingang van die dorp gehou.

Met die botsing het een van die twee bakkies in die besige straat gerol.

Getuies het beweer twee mans het die toneel verlaat. Dit het glo gelyk of een van hulle ook beseer is.

Nog 'n ongeluk in die Erongo­streek is Sondag aangemeld waarin 'n ligte vragmotor sowat 50 km van ­Hentiesbaai op die grondpad na Uis gerol het.

Die naaste mediese hulp was die kliniek op Uis. Meer besonderhede was nie teen druktyd beskikbaar nie.

Nog 'n ongeluk het Sondagmiddag sowat 30 km oos van Arandis op pad na Usakos op die B2-hoofpad plaasgevind.

Daar word vermoed die bestuurder het in 'n draai beheer oor die voertuig verloor, waarna dit gerol het.

Die twee insittendes is op die toneel behandel en daarna na 'n hospitaal op Swakopmund geneem.

Hul beserings is glo nie ernstig nie.

Sondag was vyf mense betrokke in 'n ongeluk waar 'n voertuig naby Kaap Kruis van die pad af geloop en gerol het. Twee van die insittendes is met meganiese toerusting uit die wrak bevry. Die bestuurder, mnr. Salom Antonio (32), het onderweg na die staatshospitaal op Swakopmund aan sy beserings beswyk.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!