Hartmedisyne met byt

06 May 2005 | Kollig
TWEE knoffelhuisies per dag sal jou dokter laat wag, volgens nuwe studies.
Dié bevinding het egter niks te doen met \'n slegte asem nie: dit hou verband met \'n baie ernstiger probleem - \'n potensiële dodelike vorm van hoë bloeddruk wat in die longe se bloedvate voorkom en as primêre pulmonêre hipertensie bekendstaan. Dit is \'n groot oorsaak van dodelike hartversaking.
In primêre pulmonêre hipertensie beweeg bloed moeilik uit die regterkant van die hart. Die oorsaak: nou bloedvate in die longe. Simptome sluit in \'n asemtekort, veral tydens oefening, borspyn en \'n gevoel van floute. Die presiese oorsaak van primêre pulmonêre hipertensie is egter onbekend.
Tog mag dit knoffel wees wat kan help, sê \'n groep navorsers verbonde aan die Universiteit van Alabama. Hulle het onlangs gevind dat allisin, \'n bestanddeel wat in knoffel voorkom, \'n matige vorm van pulmonêre hipertensie kan verhoed. Op hierdie stadium is die toetse egter net onder rotte gedoen. Die bevindings is in April bekendgemaak by \'n biologie-konvensie in San Diego.
Volgens die navorsers ondersteun hul bevindings vroeëre verslae en demonstreer dit dat knoffel ook proaktief is teen die ontwikkeling van chroniese pulmonêre hipertensie en die bewaring van bloedvatfunksie binne die longe.
Studies onder mense is natuurlik van uiterse belang om te sien of die knoffel vir die mensdom so gesond sal wees as vir rotte. Intussen kan dit jou nie skaad om elke dag \'n bietjie knoffel te eet nie.
Hoeveel? Wanneer dit pro rata met rotte vergelyk word, sowat twee knoffelhuisies per dag!

Soortgelyk

 

Kameelperde nou internasionaal beskerm

1 dag gelede | Omgewing

Kameelperde spog nou met internasionale beskerming. Die meerderheid van die 183 lidlande by die Konvensie vir die Handel in Bedreigde Spesies (Cites) se 18de beraad...

7 sterf op vooraand van langnaweek op paaie

1 dag gelede | Ongelukke

Sewe mense het Donderdagnag in vier verskillende padongelukke in die land gesterf.Die eerste noodlottige ongeluk het sowat 17 kilometer noord van Otjiwarongo plaasgevind en twee...

Dubbele betaling van toelae in Augustus 'n fout

1 dag gelede | Ministeries

Sommige begunstigdes het ’n dubbele betaling van hul maatskaplike toelaag vir Julie en Augustus ontvang. Volgens die minsterie van armoedeverligting en maatskaplike welsyn was die...

Opposisie eis Imalwa se kop

1 dag gelede | Misdaad

Ellanie SmitOpposisiepartye het gister deur die bank geëis dat aanklaer-generaal Martha Imalwa se kop oor veral die hantering van die verlore GIPF-miljoene rol.Terselfdertyd het die...

Gestrande walvis: Polisie verjaag skare

1 dag gelede | Omgewing

Tanja Bause Die Namibiese polisie en hul spe­siale taakmag se hulp moes gister ingeroep word ná omstanders op die lewende, gestrande boggelrugwalvis by Onafhanklikheidstrand op...

Werknemers wil hoofstad melk

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting Werknemers van die Windhoekse stadsraad (CoW) wil binne 14 dae antwoorde van die raad hê oor hul eis vir 'n 15%-salarisverhoging.Voltydse werknemers dring...

Weer, Vrydag 23 Augustus 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie warm, maar warm in die Khomasstreek.KUS: Sonnig en baie tot bloedig warm met sandstorms plek-plek.GETYE BY WALVISBAAI: H 08:02 L 13:50...

Katrina weer eens in ACC se visier

1 dag gelede | Misdaad

Denver Kisting Die aanklaer-generaal, me. Martha Imalwa, het dié week erken die vervolgingsgesag het Katrina Hanse-Himarwa opnuut in sy visier.Imalwa het Woensdagmiddag gesê die Teenkorrupsiekommissie...

Kalender 23 Augustus

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Lotus Zen Den bied vandag ’n mindfulness-werkwinkel vir tieners aan. Die idee is om hul hanteringsvaardighede in die vinnige wêreld waarin...