Hartmann-moordsaak uitgestel

15 November 2017 | Howe
Adolf Kaure op Swakopmund - Die saak van die man wat erken het hy het die 78-jarige mnr. Manfred Hartmann op Swakopmund vermoor, is tot vroeg volgende jaar uitgestel.

Mnr. Unaro ­Mbemukenga het skuld op die moord op Hartmann beken en sal op 5 Februarie 2018 weer in die landdroshof op Swakopmund verskyn.

Mbemukenga het Maandag in die hof verskyn nadat hy na bewering vir Hartmann op 18 Augustus vanjaar in sy huis in die Vineta-woonbuurt op Swakopmund doodgeslaan het.

Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel.

Volgens die staat, verteenwoordig deur aanklaer Paulus Shilongo, het Mbemukenga vir Hartmann verskeie kere geslaan, maar volgens die beskuldigde het hy hom net een keer geslaan.

Mbemukenga het tydens sy vorige hofverskyning in September skuldig op die moordklag gepleit.

Hierna het hy 'n voorlopige pleitverduideliking ingedien.

“Ek het hom met 'n tou vasgebind en toe een keer met 'n baksteen oor die kop geslaan. Nadat ek hom vermoor het, het ek in die huis ingegaan en 'n sak met klere, 'n selfoon en 'n skootrekenaar gevat,” het Mbemukenga gesê.

“Toe ek hom met die baksteen geslaan het, het ek geen voorneme gehad om hom dood te maak nie. Ek weet nie wat in my kop aangegaan het nie,” lees sy verduideliking verder.

Landdros Conchita Olivier was tevrede met die voorlopige pleit en het gesê dit sal as 'n formele skulderkenning in die verhoor gebruik word.

Mbemukenga is op 21 Augustus, drie dae ná die moord, op Outjo in hegtenis geneem. Hy is tydens sy inhegtenisname gewond.

Die staat het borgtog teengestaan weens die erns van die saak en openbare belang, asook omdat Mbemukenga ná die misdaad uit die Swakopmund-distrik gevlug het.

Mbemukenga bly in aanhouding op Swakopmund.

Soortgelyk

 

Moord-selfmoord ruk Oshakati

1 dag gelede | Misdaad

‘n Moorddossier is op Oshakati geopen nadat ‘n man na bewering eers sy vrou en toe daarna homself in die Ehenye-nedersetting op die dorp geskiet...

Vier sterf in grubotsing

1 dag gelede | Ongelukke

Vier mense is gisteraand in 'n grubotsing op die pad tussen Okahandja en Karibib dood. Volgens die Namibiese polisie se woordvoerder vir die Otjozondjupastreek, ao....

Resessie klou verbete

1 dag gelede | Regering

Jo-Maré DuddyMet groei van -0,8% in die derde kwartaal het Namibië sy taaiste drie maande nóg vanjaar beleef en sit die twee swaargewigte wat die...

Meteoorreën bereik sy piek

1 dag gelede | Weer

Elvira HattinghNamibiërs kan uitsien na die Geminides-meteoorreën wat vanaand sy piek bereik.Sowat 100 verskietende sterre sal per uur gesien kan word – mits jy op...

Vuurkuns

1 dag gelede | In beeld

Clinton Fisch het hierdie besondere foto geneem deur staalwol aan die brand te steek en dit tussen staaldrade in te druk wat in die rondte...

Weer, Vrydag 14 Desember 2018

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Mooiweer en matig in die suidweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele dondebuie wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Eksamenuitslae Donderdag bekend

1 dag gelede | Onderwys

Die voorlopige uitslae vir graad 10-(JSC) en graad 12-(NSSC)hoërvlakkandidate – voltydse en deeltyds – word eerskomende Donderdag amptelik bekend gemaak. Die uitslae sal op die...

Unam-studente moet meer opdok

1 dag gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die finansiële verknorsing waarin die Universiteit van Namibië (Unam) verkeer, tesame met die algemene ekonomiese vooruitsig vir die land het die universiteitsraad...

1,6 miljoen toeriste kom kuier in 2017

1 dag gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Toerisme het met 2,2% van 2016 af tot verlede jaar gegroei, en 1 608 018 buitelandse toeriste het Namibië in 2017 by...