Hartebeestloop-bul vir N$550 000 verkoop

Nick Serfontein betaal wéér topprys

18 May 2021 | Landbou
Ronelle Rademeyer



Die Suid-Afrikaanse megaboer en Bonsmara­teler, mnr. Nick Serfontein, het vir die tweede jaar agtereenvolgens stof in ander kopers se oë geskop deur die hoogste prys te betaal vir 'n Hartebeestloop Bonsmara-bul van dr. Joggie Briedenhann.

Die hoogste bod van N$550 000 is Vrydag tydens Hartebeestloop se 15de produksieveiling naby Stampriet gesamentlik op Serfontein (van Sernick Bonsmaras) en die Namibiese teler, mnr. Richard Theron van Rehoboth, toegeslaan. Dit was vir die bul HART17-0276.

Die naashoogste pryse wat vir topbulle betaal is, was N$450 000, N$350 000 en N$240 000.

Net soos verlede jaar kon kopers weer aanlyn bie. Die aanbod het uit 50 Bonsmara-bulle en 'n groot hoeveelheid vroulike diere bestaan.

Serfontein het gister uit Edenville in die Vrystaat waar hy boer, gesê “dit was heerlik” om die veiling in persoon by te woon en nie soos verlede jaar, toe die grense toe was, aanlyn te bie nie.

Hy sê hy het gesien Theron stel in die bul belang en het toe aangebied dat hulle dit saam koop.

“Die bul sal vir die eerste twee tot drie jaar op sy plaas by Rehoboth loop.”

Hy sê hy het twee jaar gelede 'n Bonsmara-bul aan Theron verkoop en ondersteun hom sedertdien met sy boerdery.

Serfontein se Sernick-groep het in 2019 'n omset van R1,5 miljard gehad en verskaf werk aan 615 mense.

Hy sê landbou in Suid-Afrika en Namibië het deur 'n moeilike tyd gegaan – in Suid-Afrika vanweë politieke redes en in Namibië weens die droogte.

“Hier in Suid-Afrika betree ons nou 'n totaal nuwe era. Landbou is nou dié sektor wat hoop gee en die ekonomie en die mense dra. Daar is weer glimlagte op boere se gesigte,” sê Serfontein met verwysing na landbou se goeie prestasie te midde van Covid-19.

“By julle in Namibië het die goeie reën nuwe hoop gebring. Ons moet dit benut en saamwerk. Suid-Afrika moet sy vleisbedryf hervorm, en julle het ons genetika nodig,” sê hy.

Serfontein sê Suid-Afrika moet sy biosekuriteit verbeter sodat Namibië, wat 'n invoerverbod ingestel het nadat bek-en-klouseer in die buurland uitgebreek het, dit kan ophef.

“Die teeldiere in Namibië is uitgedun en telers daar gaan genetika nodig kry,” sê hy.

[email protected]

Soortgelyk

 

Mbumba: Duitsland bied te min aan

7 ure gelede | Regering

Augetto Graig – Visepresident Nangolo Mbumba het Vrydag gesê hoewel die tafel gedek is om die Duitsland-Namibië-volksmoordooreenkoms in die parlement te onderteken, is hy nie...

Nuwe Mej. Namibië gekroon

7 ure gelede | Mense

Die 25-jarige Chelsi Shikongo is Saterdag as die nuwe Mej. Namibië gekroon. Die jong Walvisbaaier werk die afgelope vier jaar as ’n internasionale model. Haar...

‘Gemeenskap vat nie verantwoordelikheid’

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – “Ek het net sewe beddens vir Covid-pasiënte beskikbaar; van ons 19 Covid-pasiënte lê reeds noodgedwonge op trollies in die gang met ’n...

Nuwe kruin op horison

7 ure gelede | Gesondheid

Hoofredaksie – Namibië se gemiddeld van nuwe gevalle van Covid-19 het Vrydag die piek van die tweede golf van die pandemie verbygesteek.Met die 480 nuwe...

Weer vir 7 Junie 2021

7 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Nat, winderige en koue toestande word van vanaand af oor die suidelike dele verwag. Tref asseblief voorsorg.BINNELAND: Gedeetelik bewolk en koud tot warm, met...

Doelwit is 60% teen Januarie

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Met Namibië wat in Maart sy eerste dosisse Covid-19-entstowwe ontvang het, is die beplanning dat, afhangend van wanneer die volgende entstof in...

Palliatiewe sorg vir kankerpasiënte uitgebrei

7 ure gelede | Gesondheid

Die Kankervereniging van Namibië (CAN) het 'n beroep op geskikte gekwalifiseerde en opgeleide geregistreerde verpleegsters met ondervinding in palliatiewe sorg in alle streke van die...

Vissers misnoeg oor ‘misverstande’

7 ure gelede | Landbou

Leandrea Louw op Walvisbaai – Cavema Fishing het aantygings wat teen hulle gemaak is as “misverstande” uitgemaak nadat byna 700 vissermanne onder die vaandel van...

Reparasies: 'n Blik op die ooreenkoms

7 ure gelede | Regering

Toivo NdjebelaSewe Namibiese streke – Erongo, Hardap, ||Kharas, Khomas, Kunene, Omaheke en Otjozon­djupa – is uitsluitlik geïdentifiseer vir unieke ondersteuningsprogramme vir heropbou en ontwikkeling as...