Harde woorde val in NV
Harde woorde val in NV

Harde woorde val in NV

Die strydbyle is nog nie begrawe tussen voormalige kollegas in die ministerie van grondhervorming nie.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - "Idioot! Hy is 'n idioot."

Dit is hoe die afgedankte adjunkminister van grondhervorming, mnr. Bernadus Swartbooi, sy voormalige senior in dié ministerie, mnr. Utoni Nujoma, in die Nasionale Vergadering (NV) toegesnou het.

Nujoma was besig om 'n ministeriële verklaring voor te loos oor grondhervorming en die mislukte wetsontwerp op grond, wat teen die einde van verlede jaar se sitting teruggetrek is.

Nujoma het onder meer gesê sommige mense verwys voortdurend na die koloniale geskiedeniswanneer hulle voorgee om die grondloses te verteenwoordig, bloot om emosies aan te vuur.

Hy sê baie van die mense wat wil voorgee dat sekere groepe nie voordeel uit hervestiging geput het nie, is onder die hervestigingsprogram hervestig.

Nujoma sê die ministerie is daar om toe te sien dat grondhervorming in die land geskied. Hy sê dit vind in die gees van nasionale versoening plaas en dit is herbevestig by die grondkonferensie 1991.

Hy het Namibiërs gevra om op die feite te fokus.

Met verwysing na die wetsontwerp wat op 24 November 2016 met die sluiting van die NV-sitting teruggetrek is, het hy gesê dit is gedoen sodat verdere beraadslaging kon plaasvind. Dit is egter later deur die president uitgestel tot ná die grondkonferensie later vanjaar, maar onderhandelinge gaan volgens Nujoma steeds voort.

Oor kritiek dat daar nie voldoende beraadslaging met die opstel van die wetsontwerp was nie, het hy gesê daar was voldoende beraadslagings van die regering se kant af. Tussen 2006 en 2007 het interministeriële beraadslagings plaasgevind. In die daaropvolgende jaar is streeksvergaderings op Otjiwarongo, Rundu en Keetmanshoop gehou waar insette van belanghebbendes ontvang is en wat deur die wetopstellers in ag geneem is toe hulle die wetsontwerp opgestel het.

Julie 2010 is 'n nasionale raadplegende konferensie gehou waar die finale voorstelle vir die wetsontwerp voorgelê en bespreek is.

Nujoma sê die nasie is deurlopend op hoogte gehou van die vordering met die wetsontwerp en die Regshulpsentrum, politieke partye, tradisionele owerhede en die burgerlike samelewing is geraadpleeg.

Die president van die DTA, mnr. McHenry Venaani, het op 'n ordepunt opgestaan en gesê as leier van die grootste opposisieparty kan hy daarvan getuig dat Nujoma nooit met politieke partye beraadslaag het nie en dat hy bloot besig was om sy eie aansien te probeer red. "Die president het gesê ons wag tot die grondkonferensie, kom ons wag en beraadslaag," het Venaani gesê.

Terwyl Venaani besig was, het Swartbooi, by wyse van tussenwerpsels, herhaaldelik gesê "Hy is 'n idioot", waarna die speaker, prof. Peter Katjavivi, hom vermaan het om dit terug te trek.

Hierop het Swatbooi geantwoord: "Ek het bedoel wat ek gesê het. Ek bly by wat ek gesê het: Hy is 'n idioot. Maar ter wille van die waardigheid van die Huis sal ek dit terugtrek."

Toe Nujoma probeer het om sy ministeriële verklaring te hervat, het die president van die APP, mnr. Ignatius Shixwameni, gewaarsku dat 'n Pandora se boks oopgemaak word, "wat net gister deur die president toegemaak is." Die president van Swanu, mnr. Usutuaije Maamberua, het hierop gewaarsku dat indien Nujoma sou voortgaan, die Huis "onregeerbaar" gemaak sou word.

Hierop het die speaker die NV vir tee verdaag.

Met die hervatting van die sitting het die speaker aangedui ná beraadslaging in die teepouse is besluit om die onderwerp daar te laat en nie verder daaroor te praat nie. Dit is deur die lede van die huis verwelkom, waarna die Huis tot vandag verdaag het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.64 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 392.10/OZ UP +0.51% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.10% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 1.46% | Brent Crude Oil US$ 87.47/BBP UP +0.36% | Platinum US$ 927.16/OZ DOWN -0.0097 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.64 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 392.10/OZ UP +0.51% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.10% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 1.46% | Brent Crude Oil US$ 87.47/BBP UP +0.36% | Platinum US$ 927.16/OZ DOWN -0.0097