Harde werk word beloon

Octavia Tsibes
Octavia Tsibes - Verlede week het die Sekondêre Skool Jakob Marengo hul prysuitdeling gehou.
Dié skool, wat in Katutura geleë is, het 'n ryk geskiedenis.
Die skool is in 1985 gestig en was toe bekend as Khomasdal Civic Association. Me. Immaculate Mogotsi, 'n dosent aan die Universiteit van Namibië, is 'n trotse produk van Jakob Marengo.
“Die skool het kinders aanvaar wat nie by ander skole aanvaar is nie. Vandag doen hulle presies dieselfde as wat hulle al die afgelope 32 jaar doen,” het Mogotsi gesê. Sy het leerlinge aangemoedig om altyd hul bes te doen, ongeag hul agtergrond.
“Baie van ons by die skool is Angolese. Dit het my geleer om verdraag­saam teenoor verskillende Namibiese stamme te wees. Dit het my ook geleer om soos 'n volwassene te dink en situasies te hanteer,” het Felix Figveiredo, een van die skool se toppresteerders, gesê.
Mogotsie het bygevoeg: “Almal het 24 uur in 'n dag en hoe jy dit gebruik, maak saak. As jy dit goed gebruik, sal jou uitslae net so goed lyk, maar as jy dit nie goed gebruik nie, sal jy bly waar jy is.”
Sy het ook met die tiener's gepraat en hulle aangemoedig om nie moedeloos te wees nie.
“Ek was ook 'n tienerma, maar dit het nie my situasie verander nie. Dit het my gemotiveer om beter in my studies te doen,” sê Mogotsi.
Me. Ottilie Abrahams, die Sekondêre Skool Jakob Marengo se hoof, sê “ As ons hulle nie die kinders aanvaar nie, waarnatoe moet hulle gaan. Is onderwys nie vir almal nie?
“My droom is om die skool weer te laat presteer.”
Sy het verder gesê die leerlinge is 'n voorbeeld vir dié wat die eind­eksamen moet skryf.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!