Hardappers kritiseer hervestiging
Hoofman Hanse: Skrap program
Inwoners van die Hardapstreek het Dinsdag gesê die grondhervestigingsprogram is onregverdig, terwyl die vereistes om daarvoor te kwalifiseer diskriminerend teenoor arm en ongeskoolde Namibiërs is.
Die ombudsman se kantoor het 'n openbare debat, onder voorsitterskap van die ombudsman, mnr. John Walters, oor die grondhervormings- en hervestigingsprogram by die Mariental-gemeenskapsaal gehou.
Sowat 21 mense het dit bygewoon.
Walters het gesê die behoefte aan 'n nasionale ondersoek na die hervestigingsprogram is deur die talle klagtes oor plaaslike hervestigingskomitees genoodsaak.
“Beweerde voorvalle van onregverdige behandeling met die toekenning van grond, bewerings dat die primêre doelwitte van die hervestigingsbeleid nie bereik is nie, en bewerings dat hervestigingsplase nie deur begunstigdes beset word nie, maar aan ander onderverhuur word, is aangemeld,” het hy gesê.
’n Vroulike boer (69) het gesê sy doen al die afgelope 20 jaar aansoek om ’n hervestigingsplaas. Haar aansoek was nog nooit suksesvol nie en sy skryf dit toe aan onregverdige vereistes.
“Ek is nou oud en moeg daarvoor om vir hervestiging aansoek te doen. Waar sal ek vandag op my ouderdom 'n landboukwalifikasie kry om vir hervestiging oorweeg te word?”
Sy het bygevoeg die meeste mense, veral oumense, het nie ’n bankrekening nie, en maak slegs van NamPost-spaarrekeninge gebruik.
“Dit is hartverskeurend dat die regering kwalifikasies bo ons, die benadeelde burgers, verkies,” het sy gesê.
’n Man het gesê die meeste van die plase in die streek word aan mense toegeken wat nie lewende hawe besit nie – dít ten koste van suksesvolle kommunale boere.
“Ek weet van talle plase in die streek wat onderverhuur word omdat die oorspronklike begunstigdes geen lewende hawe besit nie. Is dit regverdig dat van ons suksesvolle kommunale boere ons diere langs die pad moet los om te vrek?”
Hy het gesê boerdery-ervaring wat oor jare opgedoen is, gaan verlore en die land ly indirek as gevolg hiervan, omdat mense ophou boer, wat tot die land se ekonomie kon bydra.
Hy het gesê aansoekers kry nie eers terugvoering van die ministerie van grondhervorming oor waarom hul talle aansoeke afgekeur is nie.
Hy het die regering versoek om gereelde inspeksies te doen om te kyk of die oorspronklike begunstigdes wel op die toegekende plase boer.
Die ombudsman se kantoor sal soortgelyke openbare vergaderings in die ander 13 streke van die land hou.
Hoofman Hanse
Die hoofman van die !Khara-Khoen- tradisionele owerheid, ook bekend as die Simon Kooper-stam, het gesê die regering moet die hervestigingsprogram staak en liewer fokus op voorvaderlike grond wat in die koloniale era verloor is.
Hoofman Frederick Hanse het dié opmerking tydens die openbare vergadering gemaak.
Hy het gesê die dag toe hul voorvaders deur Duitse troepe vermoor is, was die dag waarop hulle grondloos geword het.
“Ons het ons kulturele waardes, ons grond en ons waardigheid verloor en het grondlose mense in die land van ons voorvaders geword. Die !Khara-Khoen meen die program moet geskrap word en die voorvaderlike grond moet aan die regmatige erfgename en eienaars daarvan terugbesorg word. Daarná kan weer met die program begin word,” het hy gesê.
Die !Khara Khoen, onder leiding van die oorlede Simon Kooper, het in die Nama-Duitse oorlog teen kolonialisme geveg.
In die 19de eeu het 'n !Khara Khoen-groep Botswana toe getrek om die Duitse koloniale regering te ontvlug.
Tans is hulle in die Amper-bo-gebied suidoos van Mariental gevestig, terwyl van hulle met hul diere op Stampriet, Gochas en Aranos woon.
Hanse het gesê sy stam wil hê die gebiede waarin hulle gevestig is, moet vergroot word om meer grond te hê sodat die oorbevolking van mense in 'n klein area voorkom kan word.
“Ons woon tans op 78 000 hektaar grond, waarvan 15 000 hektaar soutgebiede is wat ongeskik is vir mense om op te leef. Ons vra die regering om die aangrensende Querida-plaas te vergroot sodat mense genoeg weiding kan hê," het Hanse gesê.
Hy het gesê stappe moet gedoen word teen dié wat hervestig is, maar die plaas onderverhuur het omdat hulle nie lewende hawe het nie.
Hy het verder gesê sy eise vir voorvaderlike grond moenie met enige vereniging verbind word nie, maar moet as 'n pleidooi deur sy tradisionele owerheid beskou word. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie