Hardapkrane vir 7 dae oop
Goeie nuus vir boere op die Hardapskema is dat hulle ’n week lank toegang tot besproeiingswater sal hê.
Elvira Hattingh - Besproeiingsboere op die Hardapskema sal vandag vir die eerste keer in meer as twee weke weer hul gewasse kan natlei – net betyds om ernstige skade aan veral lusern te voorkom.
Dít volg nadat NamWater se uitvoerende hoof, mnr. Abraham Nehemia, gister (Dinsdag) toestemming gegee het dat boere oor die volgende sewe dae 1 Mm³ (miljoen kubieke meter) water vir besproeiingsdoeleindes mag gebruik.
Mnr. Dawie de Klerk, ’n besproeiingsboer op die Hardapskema en ondervoorsitter van die Akkerbouprodusentevereniging (APV), het gister gesê volgens beplanning sal die voer van die besproeiingskanaal met water vanoggend (Woensdagoggend) begin.
De Klerk sê alle betrokke partye is hiervan ingelig en NamWater se instandhoudingspan het gister (Dinsdag) reeds met koördineringswerk vir die oopmaak van die besproeiingskanaal begin.
“Hierdie is net betyds, anders sou daar beslis permanente skade aan ons gewasse gewees het,” het De Klerk gesê.
Dit volg nadat dié dam se besproeiingswater vir die eerste keer in die dam se geskiedenis op 27 Januarie afgesny is toe die dam se vlakke ’n rekordlaagte van 6,1% bereik het.
Sedert verlede Donderdag het die dam weer water gekry en het die damvlak teen Maandag tot 6,8% gelig.
De Klerk het voorheen aan Republikein gesê sowat 1 000 arbeidergesinne is van die dam se besproeiingsaktiwiteite afhanklik – dit sluit die besproeiingsboere self en seisoenale werkers uit.
Altesaam sowat 2 200 ha se gewasse word deur die Hardapskema van besproeiingswater voorsien.
Tot 80% van dié gewasse is lusern.
De Klerk meen die Hardapskema se watertekort kan verreikende gevolge vir die landbousektor inhou omdat hy homself die afgelope jare as die voer- en ruvoervoedselmandjie in die land gevestig het en talle vee-, wild- en voerkraalboere daarop staatmaak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie