Hardap-sluise wu00e9u00e9r oopgetrek
Hardap-sluise wu00e9u00e9r oopgetrek

Hardap-sluise wéér oopgetrek

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is vanoggend om 08:00 weer oopgetrek nadat dit ’n vlak van 75,9% bereik het. NamWater moet altesaam 11,500 Mm³ water uitlaat sodat die dam weer ’n veiliger vlak van 72% kan bereik.
Na verwagting sal dié vlak vanmiddag om 17:00 bereik word en sal die sluise weer gesluit word.
Dit is die tweede keer in minder as 'n week wat dié sluise oopgemaak word. NamWater het vroegoggend 224 m³ water per sekonde uitgelaat. Om 9:00 is drie sluise teen ’n grootte van 1,2 m oopgemaak en toe is 336 m³ water per sekonde uitgelaat.
Geen nuwe reënbuie het egter in die afgelope 24-uur in die dam se opvangsgebied voorgekom nie en die dam kry tans ’n matige invloei van water. NamWater monitor die situasie voortdurend.
Sedert die vloed van 2006 toe Mariental oorstroom het, is daar ooreengekom dat die damvlak om veiligheidsredes rondom 70% gehou sal word. Foto verskaf.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!